Haaibaanbreker oorlede

Haaibaanbreker oorlede

Gansbaai Courant

Rosemary en wyle Jackie Smit

Die baanbreker haaioperateur van Gansbaai, Jackie Smit (77), het verlede Woensdag tydens ‘n opehartoperasie gesterf.

Jackie en Rosemary is in 1995 getroud en het hul droomhuis, Mooiuitsig, in De Kelders gekoop en as die eerste gastehuis in Gansbaai bedryf. Jackie was voorheen aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.

Die BK, South Coast Safaris, is kort daarna gestig. Jackie, wat ‘n WP-spieshengelaar was en voorheen deur ‘n grootwithaai aangeval en gebyt is, het besluit om gaste na Dyer Eiland te neem om die grootwithaaie te besigtig. White Shark Adventures is so gebore. Teen Mei 2000 het ‘n geskatte 5000 toeriste reeds van hul haaibesigtigings geleentheid gebruik gemaak.

Die Diving Academy CC is ook toe as die eerste Padi Duik Akademie deur hulle in Gansbaai gevestig. Die Global Shark Research Unit is ook gestig toe die Smits die Universiteit van Stellenbosch betrek het. Hulle het borgskappe bekom en logistieke ondersteuing vir 2½ jaar aan die navorsingspan gegee.

Die Smits was wêreldwyd  bekend vir hul bydrae tot grootwithaainavorsing en het daarmee volgehou tot met hul uittrede. Die haaibedryf, wat deur hulle begin is, het intussen floreer en duisende toeriste word jaarliks hierheen gelok.  Die “Old man of the sea” het diep spore in Gansbaai getrap en sy nalatenskap is van groot waarde vir die dorp en die toerismebedryf.                                            
Francois de Jongh

Haaibaanbreker oorlede

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant