Tref-en-Trap slagoffer grootmoedig

Tref-en-Trap slagoffer grootmoedig

Gansbaai Courant

n Jong man wat 4 maande gelede ‘n tref-en-trap ongeluk oorleef het se regterbeen is steeds aan die buitekant gespalk met staalpenne.

Jaco Siegels (21) (regs) was die Sondagmiddag, 4 Oktober 2012, vanaf Duineveldplaas, waar hy ‘n werknemer was, op pad na sy ma in Blompark. “Ek doen uitslaapwerk op die plaas en was die naweek by my ma. Sy het geld nodig gehad vir kos en ek is toe plaas toe om my bankkaart te gaan haal. Op pad terug het ‘n voertuig op die Pearly Beach pad my van agter getref terwyl ek links van die geelstreep gestap het.” Hy is die veld in geslinger en ‘n maat van hom het ook geval, maar is nie beseer nie. ‘n Voertuig se koplig is op die toneel gevind. Die vriend het by die plaas gaan hulp soek en Jaco is later per ambulans na die Provinsiale Hospitaal in Hermanus en is vandaar oorgeplaas na Worcester. Sy onderbeen het op drie plekke gebreek en deur die vel gesteek. Jaco, wat nie werkloosheidversekering van die staat kan eis nie omdat hy slegs twee weke by die plaas gewerk het, sterk tans by sy ma se huis in Leeubekkiestraat  aan. “Die een wat my omgery het moet weet dat ek en die Vader hom vergewe het en dat hy in vrede moet slaap. Ek wens hom ook nie iets slegs op sy pad toe, soos ander mense van my verwag nie,” het die beskeie jong man, Maandag, grootmoedig gesê.                                    

Francois de Jongh

Tref-en-Trap slagoffer grootmoedig

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant