Toerisme se Jaarkalender

Toerisme se Jaarkalender

Gansbaai Courant

Gansbaai se nimmereindigende en entoesiastiese Toerisme Buro het reeds sedert die begin van die jaar 'n behoorlike Jaarkalender in die kantoor beskikbaar. Alle organisasies, skole, kerke en individue word vriendelik uitgenooi om daarvan gebruiik te maak.

Doulene Els van Gansbaai Toerisme wys hier na oop spasies op die enorme 2013 Jaarkalender wat vir byeenkomste beskikbaar is.

Die verlede het lankal reeds bewys dat gereelde "botsings" met verwysing na feeste en byeenkomste plaasvind. Hierdie is die ideale wyse om vele "botsings" van datums te voorkom. Dit is 'n groot Jaarkalender en belangstellendes kan rustig staan en kyk vir oop spasies vir beplande aanbiedinge. Hoe meer daar van hierdie Jaarkalender gebruik gemaak word, hoe minder onnodige botsings sal opduik. Inwoners, organisasies en besighede word ook aangemoedig om as Toerismelede teen 'n minimale jaarlikse fooitjie by Gansbaai Toerisme aan te sluit. Relevante en interessante inligting en datums kan op hierdie wyse bekom word om behoorlik met die omgewing se bedrywighede op hoogte te bly. Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00.
Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.                                         
Hardus Botha

Toerisme se Jaarkalender

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant