Skietgereed vir 2013

Skietgereed vir 2013

Gansbaai Courant

'n Paar van Gansbaai Pistoolklub se "skerpskutters" ("nie sluipskutters!" - Francois de Jongh) tydens verlede Saterdag se oefensessie by die skietbaan

Dis nou nie "skietgereed" vir oorlog nie, maar vir Gansbaai Pistoolklub se gereelde byeenkomste op Saterdae. "Ons het op 12 Januarie weer met ons byeenkomste begin en kennis kan nou reeds geneem word dat ons weer eens 'n gesellige Opedag in Maart vanjaar beplan," vertel Alec Kitley, voorsitter van die klub.

Gansbaai Pistoolklub is vanjaar in hul 19de bestaansjaar, ná die stigting van die klub op 10 Februarie 1994, en sake verloop steeds vlot met hul ledetal wat op 42 staan. Aansluitingsfooie en jaargelde is minimale bedraggies en inskrywingsvorms is by Gansbaai Inligtingsentrum beskikbaar. Volledige veiligheidsmaatreëls, baanprosedures en wenke is ook op die vorms aangebring.

Oefentye is elke Saterdag vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30. Kinders met windbukse is eweneens welkom.

Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of aan voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.
Hardus Botha

Skietgereed vir 2013

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant