Gholfnuus

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Persoonlik:  Ons het verneem van die heengaan van Hannes Erasmus in Pretoria. Hy was lank ‘n getroue lid van hierdie klub.  Daar is verlede week verkeerdelik genoem dat John Thompson ‘n rugoperasie ondergaan het – ons wil dit net regstel:  Dit was ‘n breukoperasie.
Verjaarsdae: Solly Wessels en ABK Smit – 20e.  Veels geluk, mag daar nog vele gesonde jare vir julle wees.
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Paul Dippenaar met 42 punte (borg: Hermanus Liquor Store), Gevolg deur Daan Victor 41, Rob Jerrard 41, Solly Wessels 40, Bobby Brandt 38, Toni Sauter 38, Bev Swart 38, Charlie Bent 37, Dawie Viljoen 36, Bernard Olivier 36, Joe Cesare 36, Christo Spanellis 35, Jack Mclachlan 35, Jan le Roux 35.  Naaste aan die penne was Joe Cesare op no 2&11, Charlie Bent op no 8&17 en Rob Jerrard op no 15. Spog Twee’s word aangeteken deur Dawie Rossouw (11), Paul Dippenaar (11), Dawie Viljoen (11), George Hunt (11) en Rob Jerrard (2&11). Christo Spanellis teken ‘n Arend aan op putjie no 1.
Vrydag was daar geen kompetisie nie en die ledetrekking was dus nie gewen nie.
Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Syfer Plus, en die wenner was Clive Bailey met +5, gevolg deur Royce Woods +4, Jan le Roux+1, Daan Victor -1, Johan Hanekom -1, Nerina Lodewyks -5, El Matthee -7, Solly Wessels -7.  Naaste aan die penne was Solly Wessels op no 2&11 en Daan Victor op no 8&17.
Liga span het verloor teen Hermanus – die manne moes deur riviere swem om by die volgende putjie uit te kom.  Die wedstryde is gestaak toe dit baie erg geraak het. Almal was van bo tot onder, binne en buite, sopwaternat!  Ons wens hul sterkte toe vir die volgende wedstryd op Caledon op 9 Maart 2013.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Klub/Club: 028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant