Rondegetal 2013 vir NGK

Rondegetal 2013 vir NGK

Gansbaai Courant

Die groot groep ouers met kinders wat iewers oorsee werksaam is, by die ingang van die NG Kerkgebou vir 'n webtuiste-foto.

Die NG-gemeente Gansbaai vier vanjaar enkele interessante "ronde"-getal herdenkings. Die Kommissie Gemeentebou beplan om 'n Spesiale Seestrome Gemeenteblad hierdie jaar in hierdie verband uit te bring.

Van hierdie datums is onder andere: Die Gansbaai Kerkgebou se hoeksteen is 60 jaar gelede op 28 Maart 1953 gelê; Die VGK Kerkgebou in Blompark se hoeksteen is 40 jaar gelede op 13 Mei 1973 gelê; Die Pearly Beach Kerkgebou is 10 jaar gelede op 15 Junie 2003 ingewy; Die Gemeenteblad, Die Seestrome, se eerste uitgawe in die huidige formaat het 10 jaar gelede gedurende Augustus 2003 verskyn.

Volgende jaar (2014) sal dit die 70ste bestaansjaar van die NG-gemeente Gansbaai wees, wat op 22 November 1944 gestig is, met hulle vorige Gedenkfees (60ste jaar) wat in 2004 plaasgevind het.

Die Baarskeerdersbos-gemeente het verlede jaar hulle 90ste bestaansjaar gevier.

Gansbaai NG-gemeente spog ook nou met 'n behoorlike en opdatum webtuiste met velerlei nuus en inligting daarin vervat. Die webtuiste kan onder andere vir interessante agtergrondgeskiedenis, die vooraf Sondae se preke, kerklike nuusgebeure en veel meer, insluitend goeie foto's, besoek word. Daar is ook skakelgeleentheid beskikbaar deur van die "Contact us"-opsie gebruik te maak. Kennis kan net geneem word dat die webtuiste deur die NGK se Kommissie Gemeentebou in stand gehou word en nie deur die Kerkkantoor nie. Bydraes vir die webtuiste kan wel by die Kerkkantoor ingedien word.
Opgewondenheid heers veral onder ouers waarvan kinders oorsee werksaam is. Hulle kan dan van die webtuiste gebruik maak om "in voeling te bly" en selfs bydraes van hulle kant af lewer. Verlede Sondag het ouers met kinders wat oorsee is, direk ná die Erediens voor die ingang van die Kerkgebou bymekaargekom, juis met die oog op die webtuiste terwille van hul kinders wat ver weg is. Die goedversorgde webtuiste, www.gansbaai.com/ng-church/, kan gerus besoek word.

Navrae kan aan die kerkkantoor by 028-384-0510 gerig word, of stuur 'n e-pos aan hulle by ngkgansbaai@telkomsa.net.      
Hardus Botha

Rondegetal 2013 vir NGK

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant