Secma keer verdagtes aan

Secma keer verdagtes aan

Gansbaai Courant

Personeel van Secma International Security se vinnige optrede op Vrydag, 8 Februarie 2013 het daartoe gelei dat 'n vermeende inbreker omstreeks 08:30 te Steenbokstraat, Groenberg (Kleinbaai) aangekeer is, nadat hulle 'n noodoproep ontvang het.

Aldus 'n woordvoerder van Secma het dit geblyk dat die verdagte 'n stel sleutels in sy besit gehad het. Gansbaai SAPD is ontbied en die verdagte is gearresteer. Die verdagte is deur Gansbaai SAPD as Michael Eben Engel (24) van Blompark geïdentifiseer.

Michael Eben Engel wat deur Secma in Groenberg aangekeer en aan Gansbaai SAPD oorhandig is

AO Hayes van Gansbaai SAPD se speurtak sê dat Engel nie met die spesifieke saak verbind kon word nie, aangesien die sleutels ter sprake nie in sy besit was nie. Engel is daarna vrygelaat.
Gedurende die vroeë oggendure van Dinsdag, 19 Februarie 2013 is Engel egter weer in Blompark gearresteer.
Diè keer op twee aanklagte, naamlik diefstal vanuit 'n motor en gewone diefstal waar 'n dame se handsak gegryp is. Engel het op Woensdag, 20 Februarie 2013 in die Hermanus Streekhof op diè twee aanklagte verskyn. Nog 'n noodoproep aan Secma op Dinsdag, 19 Februarie 2013 het gelei tot die arrestasie van 'n minderjarige seun, wie se naam nie genoem mag word nie. Secma het die seun aangekeer en Gansbaai SAPD is ontbied. Die seun het vermoedelik 'n deurknip afgeskroef en was in die besit van 'n stortkop, handdoekreëling, koperpype en 'n splinternuwe watermeter. Ook hy het op Woensdag, 20 Februarie 2013 in die Hermanus Streekhof verskyn.       
Hardus Botha

 

Secma keer verdagtes aan

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant