Kushengelaars speel nie

 Kushengelaars speel nie

Gansbaai Courant

Oubaas Lesch met sy allemintige Wit Steenbras van 12.78kg

Die jaaroue Overberg Kushengelklub se tweede 2013  kushengelkompetisie het die resultate van die eerste kompetisie bevestig…hulle het nie die klub gestig om te speel nie. Hulle Februarie kompetisie op 16 Februarie het weer eens puik vangstes opgelewer. Dit was weer 'n "oop-area"-kompetisie en die 3 lede met die grootste visse vir die dag loop breë bors rond met hul prestasies. Oubaas Lesch het die grootste vis gevang, 'n Wit Steenbras van 12.78kg. Tweede was Mornè Olivier met sy Kabeljou van 2.54kg en 3de was Louis Otto met sy Kabeljou van 1,16kg.

Overberg Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir 16 Maart 2013 geskeduleer. Dit sal weer 'n "oop-area"-kompetisie wees, met lyne in om 04:00 en skale wat om 19:00 by die klubhuis sluit. Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.
Hardus Botha

 Kushengelaars speel nie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant