Hartaanval eis lewe

Hartaanval eis lewe

Gansbaai Courant

'n 50-jarige werknemer van Grootbos Natuurreservaat, Lovey Mphokeli, het op 25 Februarie by Gansbaai Gateway Sentrum se ingang ineengestort.

Personeel van Overstrand Medical Response veg verbete om die lewe van Lovey Mphokeli ná 'n massiewe hartaanval by Gateway Sentrum se ingang

Riaan Buys en Cassie Carstens van Overstrand Medical Response, asook hulle personeel, Chantell Buys en Steven Breytenbach, was binne oomblikke op die toneel. Hulle is deur twee persone wat met Noodhulp Vlak 1 opleiding besig is, Hendrik Bosman en Cornelius Swart, asook twee munisipale werkers, Quinten Bernardus en Gideon Links, bygestaan. Die groep het vir bykans 'n uur met CPR (hartmassering en mond-tot-mond-asemhaling) onverpoos om Lovey se lewe geveg.
Met die aankoms van die staats-ambulansdiens is Lovey dood verklaar en is daar vir die Forensiese Patoloë gewag om die liggaam te kom haal. Lovey was vir 'n week afgeboek en het op diè noodlottige dag weer vir werk aangemeld. "Ons kon sien dat hy nog nie gesond is nie en het hom met 'n brief na Gansbaai Kliniek gestuur," het Joan Carboni van Grootbos gesê. Dit is juis as gevolg van die brief wat Cassie in Lovey se bo-sak gekry het, dat Grootbos summier van die voorval verwittig kon word.
Lovey was sedert 2005 'n werknemer van Grootbos Natuurreservaat en 'n staatmaker lid van Grootbos se Groenspan. Hy het as 'n lid van die Alien Clearing Team aangesluit en is sowat 3 jaar gelede na die Landskaps Departement as 'n lid van die Groen-span oorgeplaas.
Joan sê van Lovey se pligte het onder andere skoonmaak- en voorberei-dingswerk van Grootbos se Landskaps-projekte ingesluit, asook die onderhoud van tuine. Dit was take wat hy deeglik en met 'n passie uitgevoer het.
"Hy sal in vele opsigte deur almal hier gemis word," sê Joan. Lovey laat se eggenote, Manthombi en kinders agter.    
Hardus Botha

 

Hartaanval eis lewe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant