Fondsinsameling vir Liza Smith se Fight for Life

Fondsinsameling vir Liza Smith se Fight for Life

Gansbaai Courant

Tweelingsussies, Chrisna en Liza

Liza Smith, oud-Gansbaaier en dogter van wyle Boy Swart en Estie Victor, is in Januarie gediagnoseer met breinkanker. Liza is een van 'n tweeling, en het van Sub A tot St 5 (graad11) op Gansbaai skoolgegaan.Sy is tans woonagtig in Maun Botswana.

Om te help met haar geweldige mediese onkostes, word 'n fondinsameling vir die oud-Gansbaaier gehou in Die Stal op 16 Maart waartydens Anton Goosen, Piet Botha, Gian Groen, Akkedis (Lyzyrd Kyngs), Matt Hurter en die opkomende plaaslike Mat Human gratis gaan optree.

Die kaartjies is by die deur beskikbaar. Daar sal ook 'n kontant kroeg en Shooter-bar vir die dors beskikbaar wees, asook eet-en-peusel goed. Daar gaan 'n veiling wees van o.a. wyn, juwele en allerlei ander items wat goedgunstige geskenk is. Die druk van plakkate en biljette is ook goedgunstig geborg.
 

Elmarie Fourie van Gansbaai het haar pragtige lang blonde hare tydens die Kansa Shavathon alles ter ondersteuning van haar suster, Liza Smith, laat afskeer. Regs is haar dogter, Estie besig om foto’s te neem. Liezel Prinsloo van Hair on 13 Main het haar afdag opgeoffer om deel te kan wees van die verrigtinge.

Fondsinsameling vir Liza Smith se Fight for Life

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant