Walk for Water

Walk for Water

Gansbaai Courant

"Flower Valley Early Learning Centre beplan om vanjaar weer aan die 'Walk for Water'-veldtog deel te neem," vertel Marlette Longland, koördineerder van die Gansbaai Eko-skole Projek. Die doel van hierdie veldtog is om die gemeenskap bewus te maak van die belangrikheid van skoon drinkwater.

Sy sê die gedagte is dat elke deelnemer sal besef wat die daaglikse afstand is wat kinders en volwassenes in sekere dele van ons land en oor die wêreld heen moet aflê om skoon drinkwater te bekom. "Ons moedig deelnemers aan om elkeen 'n bottel drinkwater tydens die staptog te dra," sê Marlette. "Daar sal wel iets te drinke halfpad aangebied word." Die staproete sal by Flower Valley Early Learning Centre begin en ook daar eindig. Deelname aan die staptog is gratis, maar Marlette sê donasies sal ingesamel word om te help met projekte waar water aan minderbevoorregte gemeenskappe beskikbaar gestel sal word. Marlette herinner lesers aan Wêreld Water Dag wat vir Vrydag, 22 Maart 2013 bepaal is. Navrae rakende die staptog kan aan Flower Valley Early Learning Centre by elc@flowervalley.co.za gerig word, of Marlette Longland kan by 076-570-7033 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by marlette.longland@ocf.org.za. Onthou die belangrike datum: Woensdag, 27 Maart 2013 om 10:00 vanaf Flower Valley Early Learning Centre.    

Hardus Botha

Walk for Water

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant