Sardynloop Skouspel

Sardynloop Skouspel

Gansbaai Courant

'n Vissersboot in aksie tydens die onlangse sardynloop in De Kelders se omgewing


Gansbaai beleef tans 'n groot sardynloop wat die skool tot selfs in die Ou Hawe laat inkom het. "Ek is al 60 jaar in Gansbaai en werk elke dag in die hawe, maar dit het ek nog nooit sien gebeur nie - 'n sardynskool in die hawe - ongelooflik," het Flip Fourie, ingenieur van Gansbaai Marine, Dinsdag gesê. Dit is ook skeptyd vir die hengelaars op die hawemuur en die dolfyne net buite die hawe. Pelagiese trawlers het Sondagaand en Maandagoggend op Walkerbaai, reg voor De Kelders van so ver as die Weskus toegesak. Op een stadium het sewe bote gelyk hul nette in die water gehad. Dit was 'n skouspel, aangesien dit so naby was dat inwoners en toeriste alles kon gadeslaan. Volgens die bestuurder van Gansbaai Koöp Visserye, Manie van Dyk, loop die vis dik en is dit van 'n goeie gehalte.

Twee "sardyn-jagters" op die hawemuur, Andrew Fourie  en Niel Witbooi

Dinsdag het dit na 'n "sardyne-jag" vanaf die nuwe hawemuur gelyk soos wat almal sardyn gevang het - met die sardyne aan die hawe-kant van die muur.                     

Francois de Jongh



 

Sardynloop Skouspel

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant