Welkome Boothengelborgskappe

Welkome Boothengelborgskappe

Gansbaai Courant


Vlnr is Johan Burmeister, Raymond Rabe, Lorainne en Philip Fourie van Gannet Financial Services Cc en Jean Downing tydens die oorhandiging van die borgskapspryse

As deel van 'n nuwe strategie vir 2013, asook om die Birkenhead Boothengel-klub se kompetisies des te meer opwin-dend te maak, is besluit om borgskappe vir die maandelikse boothengel-kompetisies te bekom. Waar deelnemers voorheen slegs hul inskrywingsgelde as pryse ontvang het, kan sake nou, met behulp van die borgskappe se gelukstrekkings, veel meer interessanter gemaak word.

Die afgelope kompetisie op 2 Maart 2013 is deur klublede Philip en Lorainne Fourie van Gannet Finan-cial Services Cc met R500 geborg. Hierdie dame en heer sorg vir uitmun-tende boot-, motor-, besigheids- en per-soonlike korttermynversekering en kan by 028-388-0076 gekontak word. "Ons is dankbaar om te kan sê dat ons alreeds borgskappe vir die volgende twee kompetisies aangebied is," het voor-sitter Raymond Rabe tydens die aandfunksie aangekondig.

Die Birken-headers se 4de boothengelkompetisie het goed afgeloop, met 5 bote wat ingeskryf het, waarvan 4 ingeweeg het, met 'n totale aantal bemanningslede van 13. Sewe verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 130 met 'n totale massa van 101.15kg, wat ‘n gemiddeld van 7.78kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Skipjack tuna - 4.05kg), wat ook 'n nuwe Klubrekord is; 2de Swaarste vis, Loelof Doyer (Rooi roman - 1.50kg); Swaarste sak, Bertus Prins (11.95kg); 2de Swaarste sak, Gavin Engelbrecht (10.7kg); Swaarste bootgemiddeld, Relêks2 van Jean Dow-ning (10.74kg); 2de Swaarste bootge-middeld, Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.23kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (6.05kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (27.98kg); Relêks 2 van Jean Downing (23.25kg); Jay-Bee 2 van Piet van Zyl (22.70kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (30.35kg); Gawie Krugel (26.40); Jean Downing (24.75kg). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (23.7kg).

Die aandfunksie het soos gewoonlik gesellig verloop, met smaak-like vis & skyfies en nagereg, asook Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek vir lekker dans tot laatnag toe.

Alge-mene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.                

Hardus Botha

 

Welkome Boothengelborgskappe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant