Ambulans is vir almal

Ambulans is vir almal

Gansbaai Courant

Overstrand Medical Response se personeel, met vlnr Steven Breytenbach, Abrie van Wyk, Cassie Carstens, Chantell Buys en Riaan Buys. Foto: Alma Breytenbach

Gansbaai en omgewing het sonder twyfel goeie rede om tevrede te wees met genoegsame mediese dienste wat beskikbaar is. Ingesluit daarby is die ambulans van Overstrand Medical Response van Riaan Buys en Cassie Carstens. "Ons is tot almal se beskikking, ongeag pasiënte se persoonlike keuses van spreekkamers," sê Riaan. Hulle bekwaamheid en mediese bystand wat ten tye van krisisse en ongelukke verleen word, is al deeglik bewys.

Overstrand Medical Response het in 2009 tot stand gekom en hulle eerste optrede met 'n wakende "mediese-oog" was tydens 2009 se Fees van die Ganse. Sedertdien het positiewe groei plaasgevind en in Januarie 2010 het die ambulans, 'n ware aanwins vir Gansbaai, bygekom. 'n Verdere voordeel van hulle bedrywighede is onder andere etlike Noodhulpkursusse wat al deur hulle aangebied is, vanaf Vlak 1 tot Vlak 3, asook hulle teenwoordigheid tydens sport- en ander byeenkomste. "Ons sorg ook dat ons by die aanstelling van nuwe personeel slegs van plaaslike mense gebruik maak," sê Riaan. Voorbeelde hiervan is Riaan se dogter, Chantell Buys, Steven Breytenbach van Pearly Beach en 'n 2012 Gansbaai Academia matrikulant, Abrie van Wyk, wat tans 'n student is met die oog op ambulansdienste en wie as vrywilliger by hulle werk. Hulle dienste is beskikbaar vir Gansbaai en omgewing, Pearly Beach, Baardskeerdersbos, Stanford en die plaasge-meenskappe. Die gedugte span bestaan tans uit Cassie Carstens en Riaan Buys, Chantell Buys, Steven Breytenbach en Abrie van Wyk. "Ons is dankbaar teenoor Gansbaai se verskillende spreekkamers vir uitstekende samewerking en ondersteuning van veral ons ambulansdienste," sê Riaan. Hy het ook sy waardering teenoor die onderskeie dokters vir hul samewerking uitgespreek. Goeie samewerking tussen Overstrand Medical Response met die verkeersmanne, brandweer en SAPD is ook aan die orde van die dag.

Vir flink ambulansdiens kan 078-699-6995 geskakel word, terwyl Cassie by 078-699-6995 en Riaan by 083-881-3631 vir noodgevalle geskakel kan word. Navrae kan ook aan hulle by overstrandmedics@gmail.com ge-epos word.

Hardus Botha
 

Ambulans is vir almal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant