AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

Gansbaai Courant

Die burgerregte-organisasie AfriForum het n tak vir die Overberg-omgewing gestig.

Dié takstigting volg nadat verskeie van AfriForum se 12 nuwe takke in die Wes-Kaap reeds groot welslae op verskeie terreine behaal het. Nagenoeg 80 lede van die tak het die stigtingsvergadering in Uilenkraalsmond bygewoon, ondanks die feit dat lede oor die land versprei is.  Pieter Rautenbach, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, het die vergadering toegespreek, waarna n takbestuur gekies is.  Barnie Germishuys is as voorsitter verkies, Rudy du Plooy as ondervoorsitter, Nick Pretorius as sekretaris en Daniel Louw as penningmeester. Albertus Smit sal plaaslikerege-ringsake hanteer, Paul Venter sal hom op veiligheid toespits, Petro Smallbones behartig omgewingsake en Johan Prins is as 'n addisionele lid verkies wat ingenieursake sal hanteer.

Agter vlnr: Johan Prins, Paul Venter, Nick Pretorius, Daniel Louw. Voor vlnr: Pieter Rautenbach, Barnie Germishuys, Petro Smallbones, Rudy du Plooy en Albertus Smit.

Die tak se eerste taak is om n wenslys op te stel en dit met die Overberg en Overstrand Munisipaliteite te bespreek.  Die AfriForum-tak sal, as n belangegroep, poog om n vennootskap met die owerhede te vorm. Verskeie uitdagings waaraan die tak aandag sal gee, is reeds geïdentifiseer. Dit sluit die agteruitgang van infrastruktuur, die hoë heffings op voorafbetaalde meters, die gebrek aan kommunikasie en die beweerde eensydige wysiging van lede se kontrakte in.  Veiligheid is ook n groot prioriteit, en verskeie lede het by die vergadering by die buurtwag aangesluit. 

Belangstellendes kan vir Barnie Germishuys by 083 388 9521 skakel.

AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant