Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

Gansbaai Courant

Die jaarlikse NGK Baardskeerdersbos Basaar is weer eens as 'n ware wenner bewys. Dit was vol pret, gesellig en 'n "ooreet" vandat dit geopen word tot net 'n kort rukkie daarna, want dan is alles opgeraap, maar die gesellige atmosfeer en saamkuier het aangehou.

"Soos in die verlede het ons 'n baie geseënde basaar gehad met baie mense wat van heinde en verre gekom het. Daar was weer eens van alles en nog wat te koop soos sosaties, vleis, wors, gebakte- en kerrievis, pannekoek, koeldrank en gemmerbier, poeding, lekkers, kos, brood en beskuit, melktert, groente, pasteie, hamburgers en hotdogs en naaldwerk," sê Aletta Groenewald, een van die organiseerders. Sy verwys ook na vanjaar se "nuutjie" - die teetuin binne die Kerkgebou, wat baie goed ondersteun is. Na verneem word was daar slegs een ongelukkigheid: Die witblits was te vinnig uitverkoop, maar Aletta sê gelukkig het die kweperlikeur darem 'n bietjie daarvoor vergoed.
Ondanks Manie Groenewald se groot operasie wat hy sowat 2 weke gelede ondergaan het, was hy en sy B'Bos Boere-orkes soos gewoonlik op hulle stukke, met vele aanhangers en 'n groot aantrekkingskrag. Terloops, Fonnie du Plooy van RSG Konsertinaklub kon verlede Saterdag byna nie uitgepraat raak oor dié groepie manne van die Strandveld nie.


"Die veiling is baie goed ondersteun en die speenvarkie is hierdie jaar toe sowaar vir R1,600 verkoop!" sê Aletta. "Skape is verkoop vir R2,000 stuks en 'n wilde volstruis, wat nog in die veld rondloop en nog gevang moet word, is vir R2,100 verkoop!"
Sy sê die vure waar die wors en sosaties gebraai is, het vanaf 05:00 al gebrand en daar is sommer baie gesellig en vrolik rondom die vure gekuier. Dis moontlik as gevolg van die sopies witblits wat geskink is om die manne krag te gee vir die swaar roosters! "Ons is baie dankbaar dat die basaar soveel geld ingebring het, maar ons was almal lekker moeg van die week se bontstaan om alles klaar en gaar te kry. Gelukkig glo ons daaraan om die werk met lekker klaar te kry - daarvan kan ds. Dirk van Dyk getuig!" sê Aletta. "Ons grootste dank gaan aan ons Hemelse Vader vir die lieflike dag en al die seëninge om die basaar 'n sukses te maak.

Ons wil ook al ons gemeentelede en ook die nie-gemeentelede wat so fluks gehelp het om alles gereed te kry, baie hartlik bedank, asook almal wat kom koop het - sonder julle kan ons nie basaar hou nie en sommiges het nogal ver gery om deel te wees van die basaar." Nou is 2013 se basaar iets van die verlede, maar Aletta sê hulle begin alweer binne 'n paar weke aan volgende jaar se basaar beplan. "Dus, hou julle gereed vir 2014 se B'Bos NGK-Basaar!"                           

Hardus Botha

Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant