Sardyn vir Afrika

 Sardyn vir Afrika

Gansbaai Courant

Verlede week het die oë gerek toe aanskou is hoe die see wemel van sardyn en selfs deur middel van verkykers nie duidelik onderskei kon word wat die “branders” veroorsaak nie. Duidelik was daar ‘n magdom vis in die water en die baie sardynbote se teenwoordigheid bevestiging daarvan.

Ook die see-anemone het in samewerking met die ander bewoners hulle deel gedoen om die balans te handhaaf. Foto’s: Jane Bailey

Vir baie mense was dit sover as wat hulle waarneming gegaan het, maar het jy meer belangstelling getoon was daar ander interessante aspekte. Die groot skole sardyn het ook Gansbaaihawe aangedoen en die ongewone gebeurtenis is die “skipjack” wat daar gevang is. Daar was ook tekens van witsteenbras  en geelstert maar hulle het nie belanggestel om die hoek te vat nie. Met soveel aasvis beskikbaar, is dit seker te verwagte. Volgende keer dalk!

Dié foto toon duidelik hoe naby aan die kant die sardynbote dit gewaag het.

Een van die sardynbote het dit laas Maandag voor die Kelders baie na aan die kant gewaag en skynbaar het die nette geskeur en ‘n magdom vis losgelaat waarvan baie op die rotse beland het. Hengelaars en vistermanne het Dinsdag van die geleentheid gebruik gemaak om aas  te bekom en is met houersvol daar weg. Buiten die sardyn se “skep” was dit iets om te aanskou hoe die seediere ook lustig meedoen. See-anemone het met heel visse gesit wat halfpad afgesluk is en oral was een of ander diertjie besig om sy oggendete te nuttig. Die voëls het hulle gedeelte al gehad en het rustig eenkant gesit en dophou. Dit was egter vreemd om die robbe in sulke groot skole  in die omgewing waar te neem.

So het die sardyn in die poele gelê.

Oral waar gate of holtes in die rotse is het dit gelyk of die vis gestoor is want die sardyn was in klompe daar te vinde. Onder die bamboes het hulle ook blinklyf gelê en nog ander het in die poele rondgeswem. Nee, so ‘n geval gaan jy nie aldag ondervind nie en vir die wat wil, was daar ook baie om te sien en te leer.   
Albert Potgieter        




 

 Sardyn vir Afrika

Albert Potgieter

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant