Steynsbosch se stap

Steynsbosch se stap

Gansbaai Courant

Daar moet darem tyd vir ontspan en 'n lafenissie afgestaan word, want wanneer die voetslaners voetslaan, doen hulle dit met mening.  Foto: Anita Botha

"Steynsbosch is die naam van die oorspronklike plaas wat behoue gebly het, maar wat sedert 2002 deel van Grootbos Natuurreservaat is," vertel Sean Privett. Sean sê die plaas is sowat 24 hektaar groot en die naam van die plaas kom oorspronklik van die ou melkhoutbos, Steynsbosch, waardeur die dapper stappers van Strand-Veld Voetslaanklub gestap het. "Die digte woud waardeur ons gestap het, was verruklik mooi, maar is ook met 'n hoë humiditeit gevul," vetrel Anita Botha, een van die stappers. Sy verwys ook na die wilde dagga en Maartlelies wat nou pragtig in blom is, asook pragtige witstinkhoutbome wat besigtig kon word. Maar dit was nie net bos en gelyk fynbosarea waar gestap is nie. Die berg op die plaas, bekend as die Pinnicle Peak, is ook uitgeklim, wat op sy eie 'n natuur-belewenis vir die stappers was. Staptogte word vir elke eerste Saterdag van elke maand gereël en die een roete is so natuurskoon soos die volgende een.
Belangstellendes in die op-en-wakker Strand-Veld Voetslaanklub kan vir Roelof Diener by 082-552-5444 skakel, of stuur 'n e-pos aan hom by roelofdiener1@gmail.com.

Hardus Botha


 

Steynsbosch se stap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant