Waardeer voorregte

Waardeer voorregte

Gansbaai Courant

Sammie se Paadjie langs Franskraal se wandelpaadjie in die agtergrond

Vele kommentare is ontvang oor die onnodige beskadiging van die pragtige wandelpad in Franskraal, al langs Seaviewrylaan. Voertuigbestuurders parkeer eenvoudig dwars oor die wandelpaadjie óf ry met minagtig daaroor. "Behalwe vir die verbrokkeling van die wandelpaadjie se sykante, het ek byvoorbeeld gesien hoe 'n bejaarde dame met haar drie kleinkinders om 'n geparkeerde voertuig straatlangs moes stap om weer op die wandelpaadjie terug te kon kom," het een van Franskraal se ontstoke inwoners gesê. "Ek doen 'n beroep op wandelaars om soms met die stappery klippe op te tel en langs die sykante van die wandelpaadjie aan die seekant te pak om dit moeiliker vir voertuie te maak," het sy voorts gesê.

'n Ander inwoner het weer gemeld dat dit verstommend is hoe aggressief sodanige voertuigbestuurders raak wanneer hulle oor hul optrede aangespreek word. Selfs vreemde besoekers het al vele positiewe kommentare oor die mooiheid van Gansbaai en omgewing en die moeite wat Gansbaai Munisipaliteit, asook kostes wat aangegaan word, alles vir die gerief vir inwoners en besoekers aan die omgewing. Die pragtige wandelpaaie in Franskraal, Perlemoenbaai en De Kelders, die walvis-uitkykpunte in De Kelders, sitbankies langs die see, etlike en duursame speelparke vir kinders en veel meer is maar enkele voorbeelde daarvan. Al wat in ruil vir dit alles gevra word, is: geniet dit, maar waardeer dit en respekteer dit en pas dit op sodat dit deur almal geniet kan word. Dreigemente behoort eintlik onnodig te wees, maar as mense nie wil gehoor gee nie, kan Gansbaai se verkeersmanne gerus daar gaan loer vir oortreders.

Vir besoekers wat nie weet nie, Sammie se Paadjie is direk ná die 3-rigtingstop by Rosseaustraat en Seaviewrylaan rigting Kleinbaai geleë. Dit is 51 jaar gelede in 1961, met vooraf munisipale goedkeuring, deur Sammie Brindeau gebou om die kus met ‘n swempoel tydens laagwater te verbind. Sammie se seun, Marc Brindeau, asook Marc se twee neefs, Helmie en Thys de Vries, is steeds inwoners van Franskraal. Besoekers kan ook gerus by Strandveld Museum daar naby gaan inloer.

"Samewerking, vriende - samewerking en  waardering en respek vir dit wat Gansbaai Munisipaliteit bereid is om vir besoekers en inwoners se gerief teen hoë kostes doen," is al wat gevra word.                   

Hardus Botha

Waardeer voorregte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant