Trawlerbouers van faam

Trawlerbouers van faam

Gansbaai Courant

Welliswaar nie trawlers (vistreilers) waarmee see toe gegaan kan word nie, maar die detail daarvan stem letterlik ooreen met die Ware Jakob, so ook die gedrukte Gans-name en identifikasienommers wat daarop aangebring word.

Trawlerbouers van faam, met Chris (Snr) Geldenhuys links, saam met sy seun, Chris (Jnr) agter hulle kunswerke - twee voltooide trawlers.

Die twee "kunstenaars" is geharde trawlervissermanne, Chris (Snr) Geldenhuys en sy seun, Chris (Jnr) van Gansbaai. Chris (Snr) werk al sowat 40 jaar op trawlers en Chris (Jnr) sowat 10 jaar. Na sóveel jare moet 'n visserman darem sekerlik die detail van die trawlers ken!

"Ons het maar onlangs met die bouery van die replika's begin, maar het al 7 bote voltooi," vertel Chris (Snr). Hy sê een van hulle werk sowat 2 weke aan 'n boot, maar dan is dit elke dag van vroeg tot laat. Die bote is sowat 'n meter lank en lyk in alle opsigte identies soos hulle ouer (heelwat groter!) ouboete, alhoewel dit nie volgens skaal gebou word nie.

Die detail van dié twee se werk is verstommend en alles is daar: DDF-nommer vir Gansbaai, ZR-nommer vir internasional noodseine, watertenk, dekroller, vispomp, "power block", "kanon", "stacker", "supporter block" en veel meer, presies soos dit moet wees word in die fynste besonderhede weergegee. Werk pa en seun saam aan 'n boot? "Nooit gesien," sê Chris (Snr), "elkeen werk in vrede aan sy eie boot, anders sal ons mekaar vermoor!" Die bestaande trawlers se name word spesiaal gedruk, soos Berggans, Wildegans en dies meer. "Ons beplan om replika's van al Gansbaai se trawlers te bou," sê Chris (Snr). 'n Miniatuur trawler soos hierdie behoort 'n pragtige aandenking vir booteienaars te wees, miskien tog net nie op moederliefde se glasvertoonkas met haar fyn porselyndingetjies nie…..!

Belangstellendes wat die aanskaffing van so 'n replika oorweeg, of die bote wil besigtig, kan vir Joan Geldenhuys by 082-512-0983 skakel, of stuur 'n e-pos aan haar by joangeldenhuys@gmail.com.

Hardus Botha

Trawlerbouers van faam

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant