Kundigheid van weleer

Kundigheid van weleer

Gansbaai Courant

Die weer  het, soos gewoonlik, gesorg dat die hengelstorie anders verloop as wat normaalweg verwag word.  Vanaf die bote is selfs snoekies gevang, maar die ou grotes is maar skaars.  Steeds word geelstert gewaar maar om hulle aan te keer sit nie in enigeen se broek nie. Ook enkele makriel het  in die boot beland met die klem op enkel. Die galjoenseisoen het sover heelwat vis opgelewer en die manne wat ken van sit met roosters wat nie ver weggebêre word nie. Nou die dag ‘n skelet  geërf van ‘n galjoen wat jou elke keer wanneer jy daarna kyk, laat hoop dat jy eendag so ‘n ou bul sal vang  --  dis natuurlik waarvoor daardie groot rooster lê en wag.
Dis baie interessant om die nalatenskap te beskou van ‘n gesoute hengelaar en afgesien van die gevoel van hartseer omdat hy nie meer met ons is nie, te leer uit sy handewerk en die tegniek wat destyds toegepas is, te bewonder. Die tyd wat dit moes geneem het en die kundigheid daaraan verbonde, sou ook trots tot gevolg gehad het. Aspekte soos “splicing” is onverbeterlik gedoen en dit was sekerlik net moontlik deur die kundigheid en selftevredenheid  wat daarin betrokke was. Daar is byv. sinkers wat anders as die gewone, op ‘n ander manier gevorm is. In plaas van die gewone is daar van enkel- sowel as dubbel-“swivels” gebruik gemaak.   Sinkers is ook gevorm met ‘n spesiale doel in gedagte en van knope gebruik gemaak wat  jou verwonderd laat. Juis omdat dit so lank terug gedoen is is dit so insiggewend.  Snoekgereedskap veral, is baie op gekonsentreer en die kombinasies wat gebruik was is verbasend.
Dit is baie duidelik dat daar in die verlede baie tyd bestee is om nie net gereedskap voor te berei nie maar dat dit ook baie prakties moes wees en dit boonop met respek gedoen is. 
Hou asb. in gedagte dat die kreefseisoen reeds ten  einde geloop het. Hoewel dit, volgens my mening, maar swakkerig gegaan het is daar tog goed gesmul aan hierdie lekkerny, en smulpape sal ongelukkig moet wag vir die volgende seisoen om weer  hul nette te stel.
As ons kan staat maak op die vooruitspelling van die weer wag daar ‘n paar aangename dae op ons en die bote sal dus kan konsentreer op plekke wat nie normaalweg bereikbaar is nie. Probeer gerus ‘n nuwe kolletjie.  Groete, Seemeeu

Kundigheid van weleer

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant