Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

Gansbaai Courant


Vlnr is Philip Fourie, Gawie Krugel van GG Krugel Konstruksie, 6 April se R500-borg en Johan Burmeister saam met Elna en Piet van Zyl wat saam met Philip wenners van die Aprilborgskap was.

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het 'n effens rowwe see aangedurf, maar dit het heel goed met hulle April Boothengelkompetisie gegaan. Vier bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 13. Nege verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 103 met 'n totale massa van 76.30kg, wat ‘n gemiddeld van 5.87kg per hengelaar beteken. Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Piet van Zyl (Rooi stomp - 2.70kg); 2de Swaarste vis, Elna van Zyl (Rooi stomp - 2kg); Swaarste sak, Gawie Krugel (9.45kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (8.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.80kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Jay Bee 2 van Piet van Zyl (7.28kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (6.45kg).

Die 1ste 3 voorlopers vir 2013 in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (36.78kg), Jay Bee 2 van Piet van Zyl (29.98kg) en Relêks 2 van Jean Downing (25.95kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (38.90kg), Gawie Krugel (35.85kg) en Piet van Zyl (31.45kg); Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (30.15kg). Die amptelike borg vir die April Boothengelkompetisie was Gawie Krugel van GG Krugel Konstruksie en Projekbestuur, wat by 079-497-4606 gekontak kan word. Die wenner vir die meeste spesies (5), geborg deur GG Krugel Konstruksie en Projekbestuur, is deur Philip Fourie ingepalm, met Piet en Elna van Zyl wat die grootste visse gevang het. Die aandfunksie het soos gewoonlik gesellig verloop, met smaaklike "sticky"-hoenderstukke en nagereg, asook Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek vir lekker dans tot laatnag toe.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha


Piet en Elna van Zyl met hulle allemintige Rooi stompe wat hulle gevang het

Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant