Besigheidsliga 2013

Besigheidsliga 2013

Gansbaai Courant

Van links na regs is Melanie, Alec, JP, Freddie en spanbestuurder, Archie Chambers

Tydens die besigheidsliga van 2013 het 22 spanne oor ‘n aantal weke meegeding om 'n wenner te bepaal wat op 6 April 2013 in die finaal te Paarl teen spanne van ander dorpe sou gaan meeding.  Die standaard van spel was verbasend goed inagnemend dat die deelnemers nie gereeld oefen nie en slegs een keer per jaar deelneem.  Daar is beslis deelnemers wat oor die potensiaal beskik om gereelde spelers te word, maar dit is te verstane dat werks- en ander verpligtinge dit nie moontlik maak nie.  Daar kan egter reëlings getref word om belangstellendes op alternatiewe wyses te akkommodeer, maar dan sal iemand uit die geledere van die besighede die inisiatief moet neem om die Bestuur van die rolbalklub te nader. 

Daar is reeds gedagtes hieroor gewissel, maar dit moet nog tot uitvoering gebring word.

Die wenner van vanjaar se plaaslike kompetisie was Omega Ondernemings.  Die wenspan het daarna in die Paarl met vier spanne van elders afgereken en is vanjaar se Boland kampioen.  Franskraal Rolbalklub is trots op almal wat deelgeneem het, maar veral op Omega wat gewys het wat gedoen kan word asook wat 'n aangename sport rolbal eintlik is.  Die spanlede was Melanie, Alec, JP en Freddie en het onder die leiding van die spanbestuurder, Archie Chambers gestaan.

Dit kan ook nie nagelaat word om te noem dat die sukses van hierdie toernooi moontlik gemaak is deur die goeie organisasie deur die Visepresident van Franskraal Rolbalklub, Mattie Neethling en haar volgehoue aansporing van die deelnemers.

Pieter Conradie, President, Tel 028-384 1822 / 083-270 9384

Besigheidsliga 2013

Pieter Conradie, President

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant