Masakhane Protesoptog Vreedsaam

Masakhane Protesoptog Vreedsaam

Gansbaai Courant

Die goedgekeurde protesaksie van die Masakhane Inwonersvereniging wat by wyse van ’n optog na die plaaslike kantore van die Munisipaliteit en Polisie op Dinsdag, 23 April 2013 onderneem is, het sonder voorval, besering of verlies plaasgevind.  Alhoewel die organiseerders minstens 700 deelnemers verwag het, het minder as 100 inwoners van Masakhane deelgeneem.

Uitvoerende Burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie, spreek die optoggangers Dinsdagoggend voor die munisipale kantore toe nadat Siphio Kololo (links met skootrekenaar) die versoekskrifte aan haar oorhandig het. Sy het onderneem om binne 7 dae haar kommentaar daarop te voorsien.


Versoekskrifte is aan die Uitvoerende Burgemeester van die Munisipaliteit Overstrand, Rdl Nicolette Botha-Guthrie asook die SAPD oorhandig.  Alhoewel die optrede volgens die aansoek ten doel gehad het om ontevredenheid met munisipale dienslewering asook optrede van die onluste-eenheid van die Polisie uit te spreek, kan daar gerapporteer word dat die memorandum wat deur die Munisipaliteit in ontvangs geneem is, geen besonderhede van gebrekkige munisipale dienslewering bevat het nie.  Die 13 onderwerpe wat na die Munisipaliteit verwys is, bevat meestal aangeleenthede wat tydens die laaste vergadering van die wykskomitee (Wyk 1) op 10 April 2013 behandel is.  Die ontevredenheid van die handjievol deelnemers aan die betoging spruit waarskynlik voort uit ‘n gebrek aan kommunikasie met hul verteenwoordiger in die wykskomitee.
Die Uitvoerende Burgemeester het onderneem om mnr Siphio Kololo wat die memorandum onderteken het, binne sewe (7) dae van die kommentaar van die munisipaliteit te voorsien.
Dank word betuig aan die veiligheidsmagte wat die ordelikheid van die byeenkoms verseker het.
 

Masakhane Protesoptog Vreedsaam

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant