Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

Gansbaai Courant

Twee nuwe aanstellings by Stanford SAPD, met links Kaptein Africa as Stasiebevelvoerder en Adjudant-offisier Sarena Hugo as die stasie se Kommunikasie-offisier

Kaptein Africa is met ingang van 1 April 2013 as Stanford SADP se nuwe Stasiebevelvoerder aangestel. Kapt Africa het tot voor sy permanente aanstelling as Stasiebevelvoerder waargeneem. Kapt Africa beskou volgende jaar as 'n hoogtepunt vir hom, aangesien hy vir 'n Honneursgraad in Polisie Praktyk ingeskryf het. Sy hoofdoelwitte vir 2013 is om, sover moontlik, alle vorme van misdaad met wortel en tak uit te roei, maar meer spesifiek misdade soos huisbraak, korrupsie en die vlaag van dwelmhandel.

'n Tweede belangrike aanstelling is dié van Adjudant-offisier Sarena Hugo wat as Kommunikasie-offisier aangestel is. Soos in Kapt Africa se geval, is AO Hugo ook ‘n ervare polisievrou wat al 'n groot verskeidenheid van ampte in die polisiediens bekleë het en is reeds sedert 1999 te Stanford SAPD. In Nelspruit, Mpumalanga, het sy in die Moord en Roofeenheid diens gedoen. Daar het sy opleiding in onder andere ondersoekende psigologie, forensies, verkragting, moord, kindermolestering en vele meer deurloop. Sy het ook gevorderde opleiding van dr Mickey Pistorius ontvang rakende die profiele van reeks-moordenaars. Sedert haar oorplasing na Hermanus en later na Stanford (waar-voor sy 'n groot liefde het), het sy haar onder andere op die Slagoffer Onder-steunings Sentrum, huishoudelike geweld en die monitering van gevangenes wat op parool vrygelaat is, toegespits. Een van haar doelwitte is om, met die samewerking van die gemeenskap, 'n huis vir vroue en kinders te stig. Ongeag al die "geharde" polisie-ervaring en -kennis, is AO Hugo 'n sagte familiemens vir haar twee seuns, haar dogter en ook kleinseun. Haar stokperdjies is ook die teenoorgestelde van die harde lewe van polisievrou, naamlik voëlkyk, bietjie skilder en die maak van versierde "aspoestertjie- en babaskoentjies". 'n Onlangse mediavrystelling lui soos volg: "Die kombinasie van Kapt Africa, AO Hugo en die res van die personeel, vorm 'n sterk teenmisdaad-span. Misdadigers - julle is gewaarsku!"    
 
Hardus Botha 

Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant