Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dalene Nieuwoudt van Kleinbaai is nog pure vuur en vlam waar dit by breiwerk kom, ondanks die feit dat sy vanjaar 99 jaar oud sal wees. Sy is op 4 November 1914 in Hanover, Karoo gebore, waar sy ook grootgeword het.
Die 98-jarige Dalene Nieuwoudt met enkele gebreide items
Sy en haar oorlede eggenoot, Tielman, het vir etlike jare in Mosselbaai gewoon, maar ná sy heengaan sowat 2 jaar gelede het sy by haar dogter, Charlene en dié se eggenoot, Nico le Roux, in Kleinbaai kom woon. "My ma brei al baie jare lank vir basaars, mens kan byna sê sy brei van basaar na basaar," vertel Charlene. Vanjaar is dit weer die NG-gemeente se basaar se beurt, maar Dalene het alreeds vir Herberg-aan-See se basaar in September vanjaar ook begin brei. "Ons is dankbaar dat sy nog daartoe in staat is, aangesien die handwerktafels van basaars deesdae redelik swaarkry omdat mense nie meer geneig is om hierdie tipe van handwerk te doen nie." Behalwe vir 'n gehoorprobleem, verkeer Dalene steeds in uitstekende gesondheid en sy is ook baie lief vir lees. Nou is die pragtige gebreide poppies, babaskoentjies, borslappies en veel meer op pad na die handwerktafel van die NG-gemeente se basaar eerskomende Saterdag, 27 April om 09:00.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...