De la Bat geniet Gansbaai

De la Bat geniet  Gansbaai

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Alexander Gardner, Anzo Sass, Xavier Kivido, Astrid Plaatjies, Dominique Strümpher en Henrico Frans en agter vlnr is Ranovin Moultry, Anna-Marie Loftus, Evert Burger, Valley-Omar en Rozette Katzen

Die jaarlikse Lewensvaardigheidskamp van leerders van die De la Batskool (vir Dowes) het onlangs te De Uijlenes van Flippie en Staci Groenewald plaasgevind. "Die mense van De Uijlenes (eers Aletta Groenewald en later haar skoondogter, Traci), het reeds vanaf 2009 hulle harte vir die skool oopgemaak en jaarliks word 'n groepie dowe leerders en hul onderwysers as gaste in die Nonnetjiesuilhuis ontvang," vertel Anna-Marie Loftus, Skoolsielkundige van die skool. "Hierdie kosbare 'weg'-naweke word jaarliks deur die personeel van De la Batskool vir die goepe Gr 7 dowe leerders, wat aan die begin van hulle hoërskoolloopbaan staan, gereël." Sy sê ervarings en aktiwiteite word in die program ingebou sodat die kinders op praktiese wyse kan leer en ervaar dat keuses gevolge het; dat effektiewe kommunikasie noodsaaklik is om in 'n groep te kan saamwerk; dat 'n mens jou moontlikhede en beperkings moet ken, maar dat deursettingsvermoë deurslaggewend is. "Met die verloop van tyd het al hoe meer mense en instansies by De la Batskool se graad-7 groepe betrokke begin raak. Die Groenewalds het verskeie individue, organisasies en groepe betrokke gekry en gemobiliseer om die jaarlike uitstappie nie net moontlik te maak nie, maar om dit 'n hoogtepunt in die Gr 7's se skooljaar te maak."
Die hoogtepunt vir die groep bly steeds almal se hartlikheid, liefde en begrip. "Dankie aan 'n baie besonderse gemeenskap. Wat 'n voorreg moet dit nie wees om deel van hierdie groep spesiale mense te wees nie," sê Anne-Marie. Die volwassenes wat die groep vergesel het, is Anna-Marie Loftus (Skoolsielkundige), Evert Burger (onderwyser, Doof), Valley-Omar (Onderwyser) en Rozette Katzen (Skool Maatskaplike Werker).

Rozette Katzen van De la Batskool vir Dowes oorhandig 'n besonderse Bybel vir Dowes aan dr Bobo van Zyl van die NG-gemeente as 'n blyk van waardering

"Die leerders het hulself terdeë geniet en 'n ontspanne naweek hier deurgebring," het Staci gesê. Die groep is deur verskillende gemeentes genooi om die Sondagdienste te gaan bywoon. Hulle het die Saaldiens van die NG-gemeente bygewoon, waar Rozette die skool se agtergrondgeskiedenis aan die gemeentelede en kinders oorgedra het. Daar het Rozette die "Bybel vir almal", 'n spesiale Bybel vir dowes, aan dr Bobo van Zyl as blyk van waardering oorhandig. Daarna het die groep leerders liedjies "gedoen", wat op-gewonde deur almal gade geslaan is. Hulle is met tee en verversings bederf voordat hulle na De Uijlenes terug-gekeer het. Die span bedank almal vir die gasvryheid en ondersteuning, asook die borge: Boerevereniging (brandstof), Gansbaai Superspar (geskenkbewyse), Gansbaai Toerisme Buro (gebottelde water en frisbees), Platbos (besoek inheemse woude), Captains’ Corner (2012), Witkrans Farm en Concordia Flowers.
"'n Spesiale dankie aan Flippie en Staci van De Uijlenes vir die gratis verblyf…en op die kombuistafel was varsgebakte plaasbrood, plaaseiers en in die vrieskas…roomys," sê Anne-Marie.
Navrae kan aan die skool by 023-342-2560 gerig word, of besoek hulle webtuiste, www.delabatskool.co.za, vir volledige agtergrondinligting.
Hardus Botha


 

De la Bat geniet  Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant