Onderwaterkamera gevind

Onderwaterkamera gevind

Gansbaai Courant

Die onderwaterkamera wat op Pearly Beach se strand uitgespoel het

"Ek het hierdie onderwaterkamera op Pearly Beach se strand opgetel waar dit vermoedelik uitgespoel het," vertel Jeff Oosthuizen van Pearly Beach. Jeff sê die kamera was erg aangepak en dit was duidelik dat dit vir 'n geruime tyd in die see was. Hy het die kamera deeglik skoongemaak en na Johan Pieterse van Jo-Signs geneem. "Johan het die geheuekaart afgetrek en die inligting dui daarop dat die kamera vermoedelik vir navorsingsdoeleindes gebruik is," sê Jeff. Gansbaai Courant het vir Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust gekontak, wat terstonds by die kantoor kom inloer het. Wilfred het die kamera geïdentifiseer en gemeld dat dit 'n uitstekende kamera met 'n hoë geldwaarde, tussen R4,000 en R5,000, is. "Met hierdie kamera kan daar bo en onder die water uitstekende foto's geneem word," het Wilfred gesê. Wilfred het na 'n Duitse toeris verwys wat 'n onderwaterkamera verloor het en sal navraag in dié verband doen. (Vir identifisering deur die wettige eienaar word die fabrikaat van die kamera nie vermeld nie). Intussen kan lesers wat dalk weet van so 'n kamera wat verlore geraak het, vir Jeff Oosthuizen by 082-555-1207 kontak om die kamera te identifiseer.                                                         

Hardus Botha

 

 

Onderwaterkamera gevind

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant