Praktiese Fotografie

Praktiese Fotografie

Gansbaai Courant


Regs agter is Clive Bailey van Gansbaai Fotografieklub besig om waardevolle en praktiese opleiding aan klublede tydens 'n praktiese byeenkoms te verskaf

Gansbaai Fotografieklub se lede het onlangs 'n praktiese sessie oor die basiese beginsels vir die gebruik van 'n digitale kamera beleef.

Klublid Clive Bailey se aanbieding het enkele lesings behels, gevolg deur die praktiese aanwending van die teorie. "Ek maak die stelling dat fotografie nie 'n kuns is nie, maar dit ís kuns," het Clive gesê. "'n Foto wat geneem word, is die beeld wat die persoon op daardie tydstip gesien het en niemand kan dit presies so kopieer nie!" Hy het verduidelik dat tyd, en dus die elemente wat daartoe bygedra het om die beeld te maak, ongenadiglik verander en daarom is dit uniek. "Wanneer 'n kamera gekoop word, is daar minstens ses veranderlikes wat die gehalte van foto's affekteer: die kamera self; die lens wat daarmee saamgaan; lensopening (aperture); sluiterspoed (shutter speed); ISO waarde en Wit Balans."

Die fokus van die dag was op die sogenaamde driehoek gebaseer: Lensopening wat velddiepte affekteer; Sluiterspoed wat onduidelikheid ("blur") tot gevolg kan heÌ‚; ISO waarde wat die sensitiwiteit van die sensor van die kamera beïnvloed en ruis ("noise") en grein ("grain") kan veroorsaak. Clive het die lede aangeraai om Wit Balans op auto te stel, die ISO so laag as moontlik vas te pen en dan kan daar besluit word of die lensopening prioriteit is (Av of A) en of die tydwaarde (TV of S) prioriteit is. Laastens het Clive ook vertel oor hoe die kamera lig meet en waar dit verkeerd vertolk kan word om sodoende 'n foto oor- of onder te belig. Hy het die lede ook adviseer oor wat om te doen om 'n foto korrek te belig deur kompensasie in te stel.

Die volgende praktiese byeenkoms is vir Saterdag, 18 Mei om 10:00 te Kerkstraat 30 gereël. Prof Hennie Rudman van Stellenbosch gaan klublede oor "ecposures" kom toespreek.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha 

Praktiese Fotografie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant