Gansbaai Gamers se borgskap

Gansbaai Gamers se borgskap

Gansbaai Courant

Gansbaai Gamers se rekenaarborgskap aan BARC, met vlnr Riaan van Lill, Annalie Jonker, Jacques van Lill en Phillip Schreck, met die rekenaar en toerusting by hulle in Gansbaai Toerismekantoor

Die aktiewe groep rekenaarjongmense van Gansbaai Gamers, het lankal reeds bewys hulle speel nie net rekenaarspeletjies en ontvang donasies nie. Onlangs het hulle 'n volledige rekenaar met programme en toerusting aan BARC geskenk. Die tweedehandse rekenaarboks (CPU), wat aan die jongmense geskenk is, is gratis deur Riaan van Lill, eienaar van Computer Something en een van Gansbaai Gamers se lede, opdateer en met relevante programme gelaai. Riaan het ook 'n nuwe sleutelbord en muis daarmee saam geskenk.

Vir rekenaarprobleme en dies meer, kan Riaan van Lill by 076-647-6443 gekontak word. Die skerm is 'n vorige skenking aan Gansbaai Gamers, wat hulle aan BARC beskikbaar gestel het. Jacques van Lill, sameroeper van Gansbaai Gamers, het die oorhandiging saam met Riaan aan Annalie Jonker en Phillip Schreck van BARC gedoen. "Ons wou lankal begin om ons statistieke, wat tans per hand bygehou word, te rekenariseer," het Annalie gesê. "Met hierdie goedgunstiglike skenking deur Gansbaai Gamers kan ons nou daadwerklik daarmee begin."

Hulle onlangse byeenkoms is weer goed bygewoon, met enkele nuwe lede wat bygekom het. Gansbaai Superspar het die jongklomp weer met warm drinkgoed, broodrolletjies en verversings geborg. Hulle het ook al verskeie dienste teen vergoeding gelewer, waarvan hulle die fondse tot voordeel van die klub aanwend. Mense wat van hulle tweedehandse rekenaars ontslae wil raak, kan dit gerus aan die klub skenk. In sommige gevalle word van die rekenaarparte onderling as spaarparte benut, of hulle bou rekenaars op waarmee wat hulle dan óf aan jongmense sonder rekenaars skenk, óf aan individue en liefdadigheidsorganisasies skenk wat 'n rekenaar benodig, maar dit nie kan bekostig nie. "Baie dankie ook aan tannie Glenda Kitley van Gansbaai Toerismeburo vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word," sê Jacques.

Navrae rakende die Gansbaai Gamers, veral deur jongmense, kan aan Jacques by 072-786-2340 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.   
  
Hardus Botha

Gansbaai Gamers se borgskap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant