Motorfietsers se Oophand

 Motorfietsers se Oophand

Gansbaai Courant

Die motorfietsklub, Scatteredlinks, Overberg Chapter se Gansbaailede se keuse vir hulle jaarlikse skenkings aan liefdadigheidsorganisasies het vanjaar op Silwerjare Dienssentrum geval. "Dit is fondse wat tydens verlede jaar se 'sleep-over' by Die Stal geïn is, asook tydens ons worsbroodjiestalletjie voor Gansbaai OK Foods tydens die aanskakeling van 2012 se Kersliggies," vertel Pieter Maree, Voorsitter van die motorfietsklub. Hy sê hierdie twee geleenthede verlede jaar het die klub in staat gestel om R2,000 in Silwerjare Dienssentrum se kruideniersrekening by Gansbaai OK Foods, wat self ook 'n groot borg van die motorfietsklub is, in te betaal. "Met hierdie berig wil ons terselfdertyd ons dank aan alle donateurs vir hul getroue ondersteuning oordra," sê Pieter.

'n Deel van die Overstrand Scattered Links Motorfietsklublede tydens die oorhandiging van R2,000 vir kruideniersware aan aan Silwerjare Dienssentrum, met Moira Opperman en Jacoba Europa wat onderskeidelik links en regs elkeen op 'n motorfiets sit, met die tjek tussen hulle

Die motorfietsers doen graag die volgende bedankings (alfabeties) vir die "Sleep-over 2012": A Roux (Gansbaai Vismark), AJ Projects, Andrè (DJ), Attie & Trudie (Die Stal), Beetle & Bus, Bertus (Scrapmetal), Boetie Oubol, Brian Chambers, CC Bikes, Crazee Design & Printing, Dyer Island Cruises, Edelweiss Visserye, Francois du Toit (Sparky), Franskraal B&B, Gansbaai Cell & Sound, Gansbaai Kliniek, Gansbaai Marine, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Verkeersafdeling, Gawie Krugel, Geldenhuys Bouers, Grootbos Natuurresservaat, Hermanus Liquor, J & A Sementwerke, JA Panelbeaters, Leon Carstens, Marine Dynamics, Overstrand Medical Response, Pizza World, Riaan (Stanford Towing), Secma International Security, Sportzone, Steven (Perlemoenplaas), Tap Huis, Two Oceans Films, Visions Beauty & Hair, Vleispaleis, Whale Sanctuary Lodge, White Shark Adventures en White Shark Ecoventures, asook alle vrywillige helpers wat hulle tyd opgeoffer het. Kennis kan nou reeds geneem word van hulle volgende groot fondsinsamelingsnaweek op 21 Spetember 2013. "Ons vertrou dat ons weer eens goed ondersteun sal word en selfs nog meer skenkings en donasies sal ontvang," sê Pieter.

Vir navrae rakende Gansbaai se Scatteredlinks, Overberg Chapter, kan Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Hardus Botha
 

 Motorfietsers se Oophand

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant