Die Bron se spog 7s

Die Bron se spog 7s

Gansbaai Courant

Links voor vlnr is Kaywin May, L-Dre Titus (kaptein met die skild) en Linden van der Walt. Middel vlnr is Austin Phillips, Nolan October, Sharlrique Dreyer en Anton Tobias. Agter vlnr is Sybill October (skoolhoof), Danwill Adams, Asthiaan Hendrick, Cole Warries en Nichol Dreyer (onderwyser en afrigter).

Die Bron Primêr te Stanford het op 27 April aan 'n 7's rugbytoernooi te Curro Privaatskool deelgeneem, waarby 16 skole betrokke was. "Ons het die eerste drie wedstryde ongelukkig naelskraap verloor, maar het steeds goed genoeg gevaar om in die Skild Semi-finaal teen Elim Primêr te speel," vertel Sybill October, skoolhoof van Die Bron Primêr. Sy sê dit was asof hulle spelers "op alle silinders" begin vuur het en hulle klop Elim Primêr gemaklik met 48-0. Daarna moes hulle Laerskool Gansbaai aandurf, "wat 'n tawwe een" was. Maar ook hier sorg Die Bron Primêr vir 'n oorwinning deur Laerskool Gansbaai met 14-0 te klop, waarmee hulle toe die Skildtrofeë trots omhoog kon hou. Die dag se spel en prysoorhandigings gaan op die Supersport 1 TV-kanaal gebeeldsend word. "Die leerders het die dag terdeë geniet en ons is baie trots op hulle," het Sybill gesê. 

Hardus Botha 

Die Bron se spog 7s

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant