Betogers verwoes dienste

Betogers verwoes dienste

Gansbaai Courant

Betogers het die afgelope naweek en die begin van hierdie week Masakhane op horings geneem deur elke aand opruiend op te tree.  Groot skade, van tot soveel as R200 000, is tydens dié onwettige betogings aangerig toe toilette afgebreek is en klipgooiery voorgekom het.

Vullisdromme is ook stukkend gebreek en vullis in die strate gestrooi. ‘n Man is ook in hegtenis geneem nadat hy die ANC Rdl, Nqinata by haar huis met sy vinger voor haar voorkop gestamp en met ‘n gholfstok gedreig het. Hy het na bewering geëis dat sy moet bedank. Die verdagte het reeds in die hof verskyn. Die Munisipale Wetstoepassers en die SAPD het ‘n sterk teenwoordigheid gehad en daar is by geleentheid met rubber koeëls geskiet.

Die ontevredenheid spruit na bewering uit die goedgekeurde protesaksie van die Masakhane Inwonersvereniging op Dinsdag 23 April.
Tydens daardie geleentheid is ‘n versoekskrif aan die Uitvoerende Burgemeester van die Munisipaliteit Overstrand, Rdl Nicolette Botha-Guthrie oorhandig. Dit het 13 eise bevat waarvan slegs ‘n paar oor dienslewering was. Daaronder is ‘n nuwe gemeenskapsaal, ‘n toilet vir elke geregistreerde plakkershut, persele vir agterplaasblyers en ‘n groter kliniek. Verder is daar geëis dat hul verkose ANC raadslid vir Wyk 1, Rdl Nomaxesibe Nqinata, moet bedank, asook die munisipaliteit se behuisingsbeampte, mnr Aron.  Daar word ook geëis  dat transformasie en regstellende aksie toegepas moet word omdat die munisipale administratiewe personeel in Gansbaai hoofsaaklik wit is met net twee swartes.
Rdl Botha-Guthrie het op al die eise breedvoerig geantwoord, maar die organiseerders was klaarblyklik nie daarmee tevrede nie.                                                             

Francois de Jongh

Betogers verwoes dienste

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant