Mode en sjampanje in die fynbos

Mode en sjampanje in die fynbos

Gansbaai Courant

Petra van Rensburg saam met van die gaste.

‘n Oggend van styl, kleur en mode is gevier by die Sjampanje Ontbyt te Flower Valley Plaas net buite Gansbaai op Saterdag 11 Mei. Ongeveer 60 dames het die Sjampanje Ontbyt wat ten bate van die Flower Valley Voorskooltjie was bygewoon. Voorkomskonsultant Patricia Franken het vir die dames verskeie wenke aangebied oor kleure – en hoe om jou gelaatskleur en hare te beklemtoon. Modelle is ook gebruik om te wys hoe om klere te kies wat ‘n figuur vlei. Sy het ook grimeringswenke gedemonstreer vir die gehoor. Volgens Natasha Forbes, onderwyseres by die Flower Valley Voorskool, en organiseerder van die ontbyt, was die dag ‘n reuse sukses. “Die dames het die dag vreeslik geniet, en ons het wonderlike positiewe terugvoering gekry. Die voorkomsadvies was baie prakties, en maklik om te verstaan.” Sy het alle borge bedank vir hul bydraes tot die sukses van die dag.

Patricia Franken gee grimeerwenke vir die dames.

Die gehoor het ‘n heerlike ontbyt ook geniet, en het daarna pryse gewen gedurende ‘n ‘lucky draw’ kompetisie. Al die dames het ook ‘n handruiker, tydskrif en sepie ontvang.
Fondse wat ingesamel is, is oorhandig aan Flower Valley se voorskool, die ‘Early Learning Centre'. Dis skooltjie bied ‘n onderrig aan leerders tussen die ouderdom van twee en ses. Die skool is ‘n lid van die Eko-Skole Program, en die kurrikulum vir die kinders sluit dus in ‘n omgewings-gebaseerde onderrig.

Vir meer inligting oor die skool, kontak Natasha Forbes.
Email: elc@flowervalley.co.za, of tel: 028 388 0713.

Mode en sjampanje in die fynbos

Natasha Forbes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant