Manne wys onthaalstaal

Manne wys onthaalstaal

Gansbaai Courant

Die groepie manne wat hul onthaalstaal met Moedersdag getoon het, met voor vlnr Bev Swart, Raymond Rabe en Kobus du Toit. Agter vlnr is Johan Wiese, Phillip Fourie, Steve Muller, Dirk Bester, Dirk Buchner, Ralph Gibbs en Hardus Botha

Die manne van die Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai hawe het behoorlik hulle "onthaalstaal" op Moedersdag getoon. Phillip Fourie, ondervoorsitter, het die leisels opgeneem en die resultate was 'n suksesvolle Moedersdagete in die klubsaal. Die voorafbeplanning, spyskaart en wie wat moet doen en wat voorberei moet word, is deur die groepie manne aangepak. 'n Volledige 3-gangmaaltyd is voorgesit en op 'n uiters profes-sionele wyse aangebied. By die voordeur is gaste vriendelik met 'n glasie sjerrie verwelkom, met elke dame wat 'n geskenkpakkie en kaartjie ontvang het, voordat hulle by die netjies-versierde tafels gaan aansit het. Daar het vonkelwyn op hulle gewag en kort daarna 'n smaaklike seekoskelkie. Die "opskeppers" was agter geslote deure, met vier flink manne met strikdasse en al wat die gaste bedien het en borde en eetgerei weer ewe flink van die tafels af verwyder het.  Die Drie Snare, Raymond Rabe, Dirk Buchner en Kobus du Toit het tussendeur, met hul eie kitaarbegeleiding, egte Moedersdagliedere gesing. Drie "sprekers" het elk die geleentheid ontvang om 'n spesiale Moedersdagboodskappie oor te dra. Die enigste "klagte" oor die ete was dat dit hopeloos te veel kos is wat voorgesit is, asof mens dít nou as 'n klagte kan beskou. Die manne, hengelaars en sosiale klublede, het duidelik gewys waartoe hulle in staat is met die eiehandige aanbieding van 'n funksie, en dit vir bykans 70 gaste. Gansbaai Courant het vertroulik verneem dat daar so hier en daar 'n dame-klublid se hand nadergetrek is, maar selfs hulle het bevestig dat die inisiatief en eintlike harde werk "man-alleen" deur die manne gedoen is, maar daar wag dalk vir hulle 'n verrassing as hulle dink Vadersdag sal slegs deur die dames behartig word!"                                                     
Hardus Botha

Een van die "kelners", Steve Muller, besig om die gaste te bedien

Manne wys onthaalstaal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant