Gansbaai Toerisme Tops

Gansbaai Toerisme Tops

Gansbaai Courant

Dit is lankal reeds "ou" nuus dat Gansbaai se Toerismekantoor aktief, bedrywig en tops in alle opsigte is. 'n Besoek aldaar dui op professionaliteit, vriendelikheid en kundigheid rakende omgewingstoerisme-aangeleenthede. Om as Vriend van die Toerisme Buro aan te sluit, beloop 'n skrale R80 per jaar, wat vele voordele insluit. Behalwe vir vars en opdatum inligting van gebeurtenisse, aanbiedinge en vele ander aktiwiteite in en om Gansbaai, spog hulle lankal reeds met 'n goedversorgde Nuusbrief. "Ek streef daarna om hierdie Nuusbrief 'n maandelikse Nuusbrief te maak ten einde nuus so vars as moontlik beskikbaar te stel," skryf Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme in die April Nuusbrief. Die Nuusbrief vertoon netjies en professioneel en is propvol nuus van alle kante af, met meer as genoeg foto's ter illustrasie, wat die Nuusbrief des te meer opkikker en interessanter maak.

Om lid te wees van Gansbaai Toerisme, beteken om deeglik op hoogte te wees van 'n wye verskeidenheid van gebeure in en om Gansbaai, asook elders. Lesers moet ook onthou van hulle Groot Jaarkalender om onnodige botsings met gebeurtenisse te verhoed. Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 08:30 - 17:00; Saterdae 09:00 - 16:00; Sondae 10:00 - 14:00; Vakansie Dae 09:00 - 16:00.

Vir opdatum Toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.
Webtuistes: www.gansbaaiinfo.co.za of  www.gansbaai.com. 

Hardus Botha

Gansbaai Toerisme Tops

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant