Die Bron Primere Skool

Die Bron Primere Skool

Gansbaai Courant

Sybill October, Die Bron Primêre Skool te Stanford se skoolhoof

By Die Bron Primêre Skool te Stanford verloop sake nogal bedrywig en dit is 'n behoorlike mondvol om met Afrikaans, Xhosa en Engels by te hou. Die skoolhoof, Sybill October, is egter 'n gesoute opvoeder met 'n leeftyd se ervaring in die onderwys en die taalaspek is geen probleem vir haar nie. Sy dien reeds sedert 1967 (64 jaar) by die skool as opvoeder en is in 1994 (19 jaar gelede) as skoolhoof aangestel.

"Ons is goed ingerig en georganiseerd en het geen aanpassings-probleme met die multi-kulturele onderrig nie," sê sy. Die skool beskik tans oor 15 opvoeders en 501 leerders.

Die Bron Primêre Skool se nuwe onderwyser, Maresa de Villiers, saam met haar Gr 2 leerders

Dan is daar 4 ondersteunen-de personeellede (admini-strasie, terrein en tuinier), 4 vrywilligers (voedingskema) en 3 assistente (Premier-projek, Afrikaans en Xhosa). Gr1-3 se Xhosa-leerders ontvang moedertaalonderrig, terwyl Gr 4-7 in Xhosa en Engels onderrig word, met Afrikaans vir die res van die leerders vanaf Gr R tot Gr 7. "Ondanks die vele taal- en kultuurverskille, is ons geseënd met wonderlike samewerking en 'n spontane onderlinge gees onder al die leerders," sê Sybill. Nichol Dreyer, voorheen van Gansbaai Primêr, is die enigste haan onder die henne en is as Departementshoof aangestel. Hy neem ook volle verantwoordelikheid van alle sportaktiwiteite.

Die skool het onlangs 'n nuwe en entoesiastiese opvoeder bygekry. Maresa de Villiers was aan Laerskool Theo Wassenaar in Gauteng verbonde en is met ingang van 1 April by Die Bron Primêre Skool vir die Gr 2 leerders aangestel. "Eintlik het ek teruggekom huis toe, aangesien ek in hierdie omgewing grootgeword het," vertel Maresa.

Sybill vertel dat die leerders en opvoeders onlangs met groot hartseer van een van hulle Gr 5 leerders, Lusisipho Sikoyela (12), afskeid geneem het wat onverwags oorlede is. "Sy was 'n skrander, aktiewe en hulpvaardige dogter wat op sport- en akademiese gebied uitgeblink het," vertel Sybill.

Wyle Lusisipho Sikoyela, van wie Die Bron Primêre Skool se leerders en opvoeers hartseer afskeid geneem het
Lusisipho was 'n kranige atleet, hokkie-, netbal- en sokkerspeler en het ook in Eisteddfod-geledere met haar Xhosa-gedigte uitgeblink.

Hardus Botha



 

Die Bron Primere Skool

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant