Groot Derby Saterdag

Groot Derby Saterdag

Gansbaai Courant

Black Leaves vs Hawston

Die lang verwagte droom dat daar minstens twee spanne uit die Overstrand aan die groot Premier Liga moet deelneem het toe uiteindelik waar geword. Die tans seëvierende Hawston sak dan juis toe hier op die erg gekweste Gansbaaiers. Sedert die wedstryd vroeër (04 Mei) teen Villagers Worcester, tot nou 18 Mei, behoort Black Leaves genoegsaam herstel het van al die wonde. Ja, Black Leaves en sy bestuurspan sal slaggereed wees vir Hawston se ontvangs. Almal weet tot watter hoogtes "Derby's" mekaar kan aanspoor. Vir die Gansbaaispan sal dit noodsaaklik wees om na hul vierde probeerslag op die punteleer te kom en as ware oorwinnaars uit die stryd te tree. Die Gansbaaiers het die afgelope tyd glad nie te waffers vertoon nie, maar beloof om na alle verwagtinge 'n veel sterker A-span in die veld te stoot. 

Hawston sal kom met 'n felle aanslag op die baai met sy geroemde agterlyn. Met die ter perse gaan was daar nog nie 'n aangeduide 22 tal  nie. Glo maar gerus die afrigter, Marcel Seconna, het sy troepe reg. Black Leaves se 3de en 2de spanne behoort ook gedetermineerd te wees vir welslae. Vinger word maklik gewys as dinge nie reg gaan nie, maar dit is nou eerder die tyd om saam te staan. Roofkykers, julle uitsigte gaan in die toekoms belemmer word. Dit kos glo nou R10-00 by die hek vir lekker sports.  

So sê Bra “G”

Groot Derby Saterdag

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant