Wykskomiteelid geskors

Wykskomiteelid geskors

Gansbaai Courant

'n Wykskomiteelid, Siphiwe Kololo, is na afloop van die onlangse onwettige Masakhane-betogings en verwante probleme gearresteer en daarna op borgtog vrygelaat. Intussen is Kololo ook as Wykskomiteelid deur die Speaker van die Raad, rdl Anton Coetsee, geskors. Kololo is verlede week saam met twee ander Masakhane-inwoners, Thembile Gwele en Sebenzile Wotyi op aanklagte van openbare geweld en 'n onwettige optog gearresteer. Al drie het op Vrydag, 17 Mei 2013 in die hof ver-skyn. Kololo en Gwele is op borgtog vrygelaat, maar onder die voorwaarde dat hulle onder huisarres bly. Wotyi is borgtog geweier en word steeds aangehou, aangesien hy alreeds vir 'n bestaande saak op borgtog uit is. Kololo se skorsing berus op die feit dat hy die gedragskode vir wykskomiteelede oortree het deur by ‘n optog teen die munisipaliteit betrokke te wees. Wykskomiteelede is aan dieselfde gedragskode as raadslede onderworpe. Rdl Coetsee het Kololo meegedeel dat die Speaker van die Overstrand Munisipaliteit ‘n ander persoon in sy plek moet aanwys. Indien dit nie gedoen word nie, sal die organisasie nie verdere sittingsregte op die Wykskomitees hê nie en sal ‘n ander organisasie, wat die volgende grootste steun tydens die verkiesing van Wykskomiteelede gekry het, aangewys word.
Geen sodanige nominasie is vanaf die Masakhane Inwonersvereniging ontvang nie en gevolglik is die setel van die organisasie tydens ‘n vergadering van die wykskomitee wat gehou is op 15 Mei 2013, verbeur. Die protesaksies vanuit Masakhane het op 23 April 2013 met 'n wettige en vreedsame optog na Gansbaai munisipalekantore en die polisiestasie begin.
Tydens dié optog is 'n versoekskrif (deur Kololo onderteken) met 13 eise, waarvan slegs enkeles oor dienslewering handel, aan die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette BothaGuthrie, oorhandig.
Rdl Botha-Guthrie het binne 5 dae breedvoerig op die versoekskrif geantwoord, maar die organiseerders was klaarblyklik nie daarmee tevrede nie. Dit het waarskynlik aanleiding tot die onlangse chaos gegee.
Groot skade, sowat R350,000, is deur 'n kleinerige groepie inwoners (±100) aangerig. Aangesien die munisipaliteit van oordeel was dat die openbare geriewe wat beskadig is, die versperring van strate en die strooi van huishoudelike vullis nie die toedoen van die meerderheid van inwoners van Masakhane was nie, is daar besluit om laasgenoemde groep inwoners wat reeds besig was met opruimingsaksies te ondersteun en stabiliteit in die woongebied te bring. Dit is alles gedoen in ‘n poging om te verhoed dat onskuldige inwoners deur die oproerige optrede benadeel word en met die same-werking van hierdie inwoners is die netheid en voorkoms van die woongebied binne die bestek van ‘n kort tydjie tot normaal herstel. Dit blyk dat die probleem in Masakhane nou iets van die verlede is.   
Hardus Botha

Wykskomiteelid geskors

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant