Booswigte was weer doenig

Booswigte was weer doenig

Gansbaai Courant

Die afgelope paar dae was booswigte weer bedrywig gewees, waarvan enkele gevalle hier vermeld word.
Besigheidsroof
'n Winkelhuis in Roosstraat, Blompark is verlede Vrydagaand beroof. Die rower se gesig was met 'n balaklawa (klapmus) bedek en hy het die eienaar met 'n baksteen gedreig. Selfoontyd en kontant ten bedrae van R2,400 is gesteel. Die rower is as 'n baie lang persoon beskryf, ±1,9m. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enige persoon met inligting kan met sers Crafford by Gansbaai SAPD in verbinding tree. 028-384-0201. 
Pearly Beach
In Pearly Beach het AO Vermeulen en sers Mckay hierdie week die voetspore van 'n vermeende inbreker tot by sy hokhuis in Eluxolweni gevolg. 'n Verdagte, Mzovuyo Mbikanye (26), is met gesteelde goedere in sy besit in hegtenis geneem. Hy word ook met drie ander inbrake gedurende die afgelope maand in Pearly Beach verbind. Mzovuyo het reeds in die Bredasdorphof verskyn. Borgtog word geopponeer.
Roof met vuurwapen
'n Jong seun wat op pad skool toe was, is naby Gansbaai Academia deur 'n rower voorgekeer. Hy is met 'n vuurwapen gedreig en sy selfoon is by hom afgeneem. 'n Verdagte, Presley Robertson (33), is deur konst Marais in hegtenis geneem en het Maandag, 20 Mei 2013 in die hof verskyn, waar borgtog geopponeer is. Die selfoon is steeds vermis.
Otto-moordsaak
Kennis is ontvang dat die Otto-moordsaak, waarby Nuggett Otto met 'n byl doodgekap is, se saak vir verhoor na 1,3 en 4 Oktober vanjaar uitgestel is, nadat 'n nuwe aanklaer deur die Staat aangestel is.                                              
Hardus Botha

Booswigte was weer doenig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant