Gansbaai Stortingsterrein gemonitor

Gansbaai Stortingsterrein gemonitor

Gansbaai Courant

Die afgelope week het ‘n onafhanklike konsultant, mnr Jan Palm, wat deur die munisipaliteit aangestel is, aan die omgewingsmoniteringskomitee terugvoer gegee oor die stand van die plaaslike stortingsterrein. Dit het onder voorsitterskap van rdh Pieter Scholtz plaasgevind. Die moniteringskomitee bestaan uit lede van die Wykskomitee.
Die stortingsterrein word jaarliks deur ‘n onafhanklike konsultant ge-oudit om seker te maak dat daar streng by die permit voorwaardes gehou word. Alhoewel die eerste permit wat gedurende 1997 uitgereik is, geen melding van ‘n moniteringskomitee gemaak nie, het die munisipaliteit besluit om dit soos ander stortingsterreine te hanteer, wat onder permitvoorwaardes funksioneer. Tydens die vergadering is ‘n versoek aan mnr Johan van Taak, Bestuurder: Afvaldienste, gerig om die finansiële implikasies vir moontlike uitbreiding van die terrein te ondersoek om sodoende die uiteindelike hoogte van die stortingsterrein te beperk. Die Overstrand is een van min munisipaliteite landswyd wat ‘n permit het vir geldige stortingsterreine. Tydens  die vergadering het rdh Scholtz aangedui dat die munisipaliteit steeds in gesprek is met die Distriksmunisipaliteit om die kwessie rondom Karwyderskraal op te los sodat Overstrand onder andere weer afval daar kan stort ten einde die druk op Gansbaai se terrein te verlig.                                                     
Hardus Botha

Gansbaai Stortingsterrein gemonitor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant