Kitshoff besoek Gansbaai

Kitshoff besoek Gansbaai

Gansbaai Courant

Rugbyspelers van die Laerskool Gansbaai was verlede week bevoorreg om van 'n gesoute internasionale beroepspeler meer van die spel te leer. Rohan Kitshoff (heel links), flank van die Stormers en die WP, het by familie op Gansbaai kom kuier en een middag die skool besoek om die seuns toe te spreek en 'n bietjie afrigting te doen. Rohan het Namibië in die Wêreldbekertoernooi van 2011 verteenwoordig en speel binnekort weer vir dié land wanneer hulle in Senegal gaan probeer kwalifiseer vir die volgende saamtrek in 2015. Hy is ook lid van 'n Franse klubspan.

Rohan, bekend as 'n baljagter van formaat, het die seuns aangemoedig om hul drome uit te leef. Hy het vertel hoe hy as kind graag eendag 'n goeie rugbyspeler wou word wat saam met beroemdes voor 50 000 toeskouers op Nuweland uitdraf. Mense het gesê hy is te klein om groot rugby te speel, maar met geloof en harde werk het hy sy droom verwesenlik -- en selfs vir sy geboorteland teen die Springbokke gespeel! Ná die praatjie het hy die o.13-span op die oefenveld gaan help terwyl die jonger spelers en 'n klompie ouers en onderwysers belangstellend toegekyk het.           
                   
Gerrit Cloete 
 

Kitshoff besoek Gansbaai

Gerrit Cloete

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant