Hande en Voete

Hande en Voete

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se tema tydens die vorige byeenkoms was "hande & voete". Soos met alle vorige tema's loop die geweldige verskeidenheid van interpretasies daarvan uit op vele interessante foto's wat aan klublede vertoon word. Die interpretasies van hande en voete het gewissel vanaf oupas en oumas, vaders en moeders tot by babas se handjies en voetjies, voete in water of sand, verfbesmeerde hande en werkende hande. Elke foto het sy eie "storie" wat aan die kyker oorgedra is, afhangend van die wyse waarop die foto geneem is. Dit is juis in hierdie verskeidenheid van interpretasies van individue waarin die genot en ook die "kuns" van fotografie opgesluit is.

Jane Bailey se foto van 'n bejaarde dame se hande


"Maar versigtigheid in oordeel moet deurgaans aan die dag gelê word," het Marc du Plessis, wat kommentaar oor die foto's gelewer het, gesê. "Hande wat byvoorbeeld 'n té groot blom vashou, is nie vir hierdie tema doeltreffend nie, aangesien die blom dan die oorheersende item op die foto is." Marc het ook gesê dat horisontale foto's "sagter" vertoon, terwyl vertikale foto's "harder en meer dramaties" vertoon. Baie geluk aan Hugh-Daniel Grobler wat tweede geëindig het met sy foto in Die Burger se foto-kompetisie. Meer hieroor in die volgende uitgawe. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Sprekers word gereeld gereël en byeenkomste word gesellig en informeel aangebied, met voldoende geleentheid vir beginners om iets te leer.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.       
Hardus Botha

Christo Wessels se foto van ontspanne voete 

Hande en Voete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant