Sekuriteit vir BARC

Sekuriteit vir BARC

Gansbaai Courant

"Ons voel nou sommer veilig met die alarmstelsel by ons hokke en dan is ons nog boonop op Facebook ook te sien!"

"Ons is dankbaar dat daar 'n alarmstelsel by ons hokke geïnstalleer is," vertel Annalie Jonker van BARC. Sy sê 'n anonieme skenker het die alarmstelsel wat in sy woning gebruik is, aan BARC geskenk om groter beskerming aan die hokke te bied, nadat etlike inbrake al daar plaasgevind het. Eben Visser van Secma International Security het die alarmstelsel gratis vir BARC geïnstalleer, nadat hy dit moes aanpas om by die behoeftes van die hokke aan te pas. "Dit is ook direk aan Secma se beheersentrum gekoppel en word gratis deur hulle gemonitor, waaroor ons opreg dankbaar is," sê Annalie.

Verdere "blaffende" nuus is dat BARC nou ook oor 'n Facebook-blad beskik: "BARC Gansbaai Animal Welfare". Annalie sê die doel daarvan is om kontak met baie vriende en diereliefhebbers regoor die wêreld te kan maak. "Ek het darem al 'n hele paar mense gekry wat die blad ge-'like' het!" Kennis kan ook nou reeds geneem word dat vanjaar se gebruiklike BARC Troeteldierskou saam met die Fees van die Ganse (21 September 2013) moontlik op die Dinsdag daarna,  24 September, sal plaasvind. Hou Gansbaai Courant dop vir die bevestiging daarvan op 'n later stadium.

Vir enige navrae en/of skenkings/donasies aan BARC kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.      
                                                            
Hardus Botha

Sekuriteit vir BARC

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant