Bergfietstoer tbv Gr 12 leerders

Bergfietstoer tbv Gr 12 leerders

Gansbaai Courant

Twee van die Herberg Kinderhuis te Robertson se Gr 12-leerders (matrikulante) wil graag volgende jaar verder gaan studeer om sodoende vir hulself 'n toekomspad te kan uitwerk. Lou-Mare (regs) is al vir die afgelope 16 jaar 'n inwoner en leerder by die kinderhuis, terwyl Nceba (onder) vir die afgelope 4 jaar daar is. Lou-Mare beoog 'n studierigting in Administrasie en Bemarking, terwyl Nceba homself graag in 'n meganiese rigting wil kwalifiseer.
Gedeeltelike beurse ter ondersteuning is reeds aan hulle toegeken, maar daar is vele onkostes wat deur die kinderhuis voorsien sal moet word. "Met elke klein bydrae kan ons help om hierdie leerders se toekoms vir hulle te verseker en 'n groot verskil in hul lewens te maak," sê Petro Uren, Bemarker van die Herberg Kinderhuis. Sy sê die JJ Steyn Classic Cycle Tours Bergfietswedren word vanjaar ten bate van hierdie twee leerders aangebied. Die fietstoer vind vanaf 22 tot 29 Junie 2013 plaas en die fietsers ry vanaf Belville tot by Knysna.

"Ter ondersteuning soek ons borgskappe van R1.00 per kilometer, maar dit hoef nie noodwendig vir die volle afstand te wees nie," sê Petro. " Dan is daar ook 2 groot pryse wat deur 2 donateurs losgeslaan kan word: 1 x 6 bottels Thunderchild Bordeaux versnit rooiwyn en 3 nagte vir 2 persone in die Bhejane Game Lodge.
"Alle skenkings en donasies is belasting aftrekbaar, aangesien die kinderhuis aan BEE vereistes voldoen," sê Petro. Die Herberg Kinderhuis se bankbesonderhede is ABSA - Robertson - Tjekrekeningnaam: Herberg Kinderhuis, met nommer 1200390004 en verwysing as CY to CX.

Belangstellende bergfietsryers wat wil deelneem, kan vir Johan Steyn by 082-938-9886 skakel. Vir algemene navrae, borgskappe en/of donasies kan Petro Uren by 023-626-3140 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by rek@herberg.co.za.                    
                       
Hardus Botha

Bergfietstoer tbv Gr 12 leerders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant