St Pauls Laerskool

St Pauls Laerskool

Gansbaai Courant

Die rustige atmosfeer by St Pauls Laerskool buite Stanford, met die een skoolgebou in die agtergrond

Die byna "vergete en onbekende" skool vir Gansbaaiers, die St Paul's Laerskool, is "veraf geleë" tussen die plase buite Stanford. Ry sowat 4km uit Stanford op die Akkedispas-pad (Caledon-roete) tot by die bordjie "Papiesvlei/Elim". Dan wag 'n ±13km grondpad (nie te sleg nie) tot by die hekke van "skool 1". 'n Entjie verder wag "skool 2" se hekke. Gr 4-7 leerders, sowat 30, ontvang by "skool 1" onderrig en by "skool 2" word Gr R en Gr 1-3 leerders, sowat 40, onderrig. Maar dis darem nie werklik "2 skole" nie, dis net op afsonderlike gronde, stapafstand van mekaar, geleë. Die tweede gebou is op die plaas van Koos Smit wat 'n Trust gestig het vir die oprigting van fasiliteite om die grondslagfase te akkommodeer. Die skoolhoof, Jacques Korkie, is vir Gr 6 en 7 verantwoordelik. Me A Appel onderrig Gr 4 en 5. Me J Smith is die Akademiese bestuurder by Fynbos Trust, wat hierdie jaar op volle dreef is om met die Grondslagfase te help. Dan is daar me C van Wyk vir Gr R, me A October vir Gr 1, me E Long vir Gr 2 en me D Lucas vir Gr 3. "Vyf van ons leerders het aan die onlangse Eistedfodd deelgeneem en ons is trots dat hulle 2 Cum laude-, 2 goue- en 1 silwer toekennings ingepalm het," vertel Jacques. Hierdie "veraf geleë" skool moet dus nie op sy baadjie takseer word nie. Dit het byvoorbeeld duidelik geblyk tydens Gio Aplon, bekende vleuel en heelagter van Westelike Provinsie, Stormers en ook die Springbokke, wat 'n rugby-afrigtingskliniek op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde vir o/13 laerskoolspanne aangebied het. St Paul's se spannetjie het in netjiese uitrustings opgedaag en sommer goed gelyk en goed gevaar. Die skool het ook uitstekende prestasies tydens die geskiedkundige Sportdag vir Eenheidsklasse in Gansbaai behaal.

Die skoolgebou was aanvanklik as 'n kerk gebruik en die naam is ook van die Anglikaanse Kerk afkomstig, met die eerste gebou wat op die grond van 'n Duitser, Eerwaarde Will gebou is. Die skool is op 8 Oktober 1935 deur Eerwaarde Canon Earp Jones en Kaptein Smuts geopen. Gansbaai Courant sal in 'n opvolgartikel meer oor die interessante agtergrondgeskiedenis, met foto's, van St Paul's Laerskool berig.

Vir navrae of die aanbied van borgskappe en/of onder-steuning, kan Jacques Korkie by 028-341-0222 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by jacqueskorkie@ gmail.com.                         
      
Hardus Botha

St Pauls Laerskool

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant