Herwinning van Huishoudelike Vullis

Herwinning van Huishoudelike Vullis

Gansbaai Courant

Die Pearly Beach Bewarea wil graag ‘n ernstige beroep op alle huiseienaars en besoekers aan Pearly Beach doen om asseblief deel te neem aan die herwinningsprojek van huishoudelike vullis. Die Overstrand Munisipaliteit het alle moontlike maatreëls geneem om dit vir almal so maklik as moontlik te maak om aan hierdie projek deel te neem. Waar gewone huishoudelike vullis in swart vullissakke weekliks verwyder word, moet alle herwinbare vullis, soos byvoorbeeld papier, plastiek, blik, en glas in deurskynende vullissakke ook een maal per week uitgesit word.

In Pearly Beach se geval word vullis op Maandae verwyder en inwoners word vriendelik versoek om nie vullissakke voor Maandae uit te sit nie, aangesien dit gereeld deur honde, wilde diere en ook mense verskeur word. Ongelukkig is dit so dat vullissakke deur mense in die fynbos ingesleep word, waar dit vir bruikbare artikels deursoek word, en dan net daar in die veld gelos word. Dit bring mee dat die vullis deur die wind regoor die dorp versprei word , ‘n situasie wat ons ten alle koste wil verhoed. Die herwinningsdepot langs die LOKO is Maandae tot Vrydae van 08:00 – 16:00 oop en op Saterdae en openbare vakansiedae vanaf 11:00 – 16:00. Mnr Peet Staples is daar werksaam  en hy is meer as bereid om ook enige navrae te beantwoord.

Op Sondae word twee groen vullisdromme voor die hekke geplaas en kan inwoners wat die dorp na die naweek verlaat, hulle vullissakke daarin plaas, met die wete dat die nie deur rondlopers op die sypaadjies verskeur sal word nie. Huiseienaars kan ook 2 maal per maand tuinvullis gratis hier gaan aflaai. ‘n Gratis permit vir hierdie doel is by die Gansbaai munisipale kantoor beskikbaar, waar gratis herwinningssakke ook afgehaal kan word. Kom ons werk saam en neem deel aan hierdie projek tot bevordering en beskerming van ons omgewing.

Elrina Versfeld, Pearly Beach Bewarea

Herwinning van Huishoudelike Vullis

Elrina Versfeld, Pearly Beach Bewarea

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant