Uile vir Gholfbaan

Uile vir Gholfbaan

Gansbaai Courant

Bev Swart wys hoe een van die uilneste lyk wat op die pale gemonteer is

'n Groep gholfers het besluit om die enorme rot- en muisplaag by Gansbaai Gholfbaan, wat die baan erg verniel, met 'n unieke inisiatief die hoof te bied.
Hulle skryf die toename in rotte en muise toe aan die optellers van gholfballe wat die slange in die veld, wat muise en rotte in toom hou, doodmaak. "Dawie Viljoen is die breinkind agter die inisiatief om uile na die omgewing te lok," sê Bev Swart. Koppe is bymekaargesit en die wiele vir 'n pragtige projek is aan die rol gesit.

Daar is besluit om 4 pale met neste daarop rondom die gholfbaan op strategiese plekke te plant. 'n Kennis van Sextus Neethling wat 'n uilkenner te Witsand is, het die uilneste vervaardig. Die 4 neste is op enorme pale van ±11m (±800kg elk) gemonteer. Gate is gegrawe en Bev het die pale met een van sy hyskraan-swaarvoertuie geplant. Dit was 'n enorme werk wat 2 dae geduur het. "Ek het dit nie so beplan nie, maar toe ons by die klubhuis bymekaarkom, het ons gesien dat die pale só geplant is dat al vier vanaf die klubhuis sigbaar is en nogal netjies vertoon," sê Bev. Volgens dr Anton Odendal, bekende voëlkundige in die Overberg, is die neste op pale reg vir die Nonnetjiesuil (Barn Owl), terwyl die ander bekende Kaapse uil, die Gevlekte Ooruil (Spotted Eagle Owl) bome vir hul neste verkies. Bev sê alles wat benodig was, insluitend kontantdonasies, is geskenk en hy hou die volgende bedankings (alfabeties) voor: Abri van Stanford (skenk van pale); Bertie Loubser van Build It (stutte om neste te monteer); Bev Swart (swaarvoertuig met hyskraan en plant van pale); Sextus Neethling (afhaal van neste in Witsand en montering daarvan op pale); Kontantdonasie: Bobby Brandt, Clive Bailey, Daan Victor, Dawie Rossouw, Dawie Viljoen, Joe Cesare, June Rahn en Marlene Davin. Hierdie kan as 'n besonderse projek beskou word en indien dit suksesvol is, sal dit sonder twyfel nie net help met die rot- en muisplaag nie, maar 'n bydrae tot die bewaring van uile lewer.

Bev sê die probleem is nou om die uile van hierdie nuwe en veilige tuiste te oortuig en daarheen te lok. "Indien daar kenners is wat advies het oor die lok van uile na die neste, kan hulle my gerus van verdere advies voorsien," sê Bev. Hy kan by 082-565-8411 gekontak word.

Hardus Botha 

Uile vir Gholfbaan

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant