Hugh Daniel spog weer

Hugh Daniel spog weer

Gansbaai Courant

Hugh-Daniel Grobler met 'n vergrote foto van sy "Branderplankryer" by Gansbaai hawe

‘n Oproep om vir Hugh-Daniel Grobler se foto in Die Burger se Buite Bylae te stem, het gesorg vir ‘n tweede plek vir hom. Daar was 5 senior finaliste waarvoor daar vir die beste foto per sms gestem moes word. Hugh-Daniel het slegs 18 stemme uit die sowat 4,000 stemme gekort om te wen. Sy foto was dié van ‘n branderplankryer langs die ou hawemuur van Gansbaai hawe. Sy prys was ‘n R1,000 geskenkbewys, asook ‘n vergroting van sy foto na ‘n A1. Terselfdertyd het hy ook vir ‘n foto-kompetisie van Rapport ingeskryf. Die tema was poskaart-strandfoto’s en hy het twee foto’s van Uilenkraalsmond se strand ingestuur, waarvan die een ‘n tweede plek gekry het. In hierdie geval was dit nie die publiek wat gestem het nie, maar ‘n paneel van beoordelaars wat die beslissing gevel het. Hugh-Daniel spog reeds met etlike vorige eerste plekke in groot fotokompetisies, soos Die Weg se Foto van die Jaar Kompetise, ZigZag Magazine, Tamron se jaarlikse kompetisie, Shoot to Thrill, Camera Land se maandelikse kompetisie en die Wild Fruit Juice kompetisie. “As ek weer hier kom inloer, sal dit weer oor ‘n eerste plek wees, verseker Hugh-Daniel. Sy besonderse foto’s kan op sy Facebook: HD Photography besigtig word en sy e-posadres is hdgrobler@gmail.com.                                      

Hardus Botha


Die foto van Uilenkraalsmond se strand wat 'n tweede plek aan Hugh-Daniel Grobler besorg het. 

Hugh Daniel spog weer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant