Dagga by Stanford

Dagga by Stanford

Gansbaai Courant

"Terwyl sommige inwoners nog ontsteld is oor 'n Outdoor electronic music festival deur "Physco Stomper" op 18 en 19 Mei vanjaar by Walsacres-plaas waartydens beslag op 'n verskeidenheid van dwelms tydens 'n padblokkade gelê is, is daar intussen op 24 Mei op meer dagga beslag gelê as tydens genoemde partytjie," vertel AO Sarena Hugo, Kommunikasie-offisier van Stanford SADP. Sy sê die dagga is op 'n naby geleë plaas, wat aan die dorp grens, gevind. "Die plaaslike polisie, lede van Wetstoepassers en die honde-eenheid was by die operasie betrokke en drie mans is gearresteer. Stanford SAPD het 'n visinteringslasbrief bekom nadat onligting ten opsigte van die dagga ontvang is. Sowat 602 gram dagga is in die mans se woning gevind. Die eienaar van die plaas, sy seun en 'n huurder is vir die besit van dagga gearresteer. Die seun en die huurder het op Maandag, 27 Mei in Hermanus se Laddroshof verskyn en het elk 'n skulderkenning van R2,000 betaal. "Op dieselfde dag is nog wonings in die dorp deursoek en nog 'n manspersoon is vir die besit van 'n dagga-sigaret gearresteer, beboet en weer vrygelaat," het AO Hugo gesê.   

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Dagga by Stanford

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant